Boerdery is die kern van alle beskawings, en dui die die einde van die trekkerlewe aan en die begin van geordende gemeenskappe. Selfs vandag word stedelinge gevoed deur die letterlike vrugte, groente en koring-gebaseerde produkte van plaasarbeid. Ons kyk terug na vyf kere waar die geskiedenis van boerdery verander is en hoe die landboubedryf ten goede omgekeer is.
’n Omwenteling vir die ploeg
Die nederige ploeg het boere al sedert die tyd van die Egiptenare gehelp. Hulle het ’n houtploeg met ’n ysterpunt gebruik wat deur osse getrek is. Die gebruik van ’n ploeg het beteken dat die land vinniger bewerk kon word en het hulle toegelaat om meer gewasse, meer doeltreffend, te produseer en te lewer. Amerikaanse pioniers in die 1800’s het ’n soortgelyke ploeg gebruik wat gemaak is van hout en yster, maar dit was baie moeiliker a.g.v. die digtheid van die prêriegrond (grasvlaktes). Die lemme sou dikwels vashaak en moes dan met die hand verwyder word. Die oplossing het onverwags gekom toe ’n smid met die naam John Deere ’n staalsaaglem i.p.v. yster gebruik het. Die staallemme het maklik deur die grasvlaktes gesny, boerdery omgekeer en die begin aankondig van een van Amerika se mees suksesvolle landbouvervaardigers op die oomblik.
Die uitvinding van die trekker
Die lewe voor trekkers is gekenmerk deur geweldige fisiese arbeid vir boere, plaaswerkers en hulle beeste, perde of muile. Die industriële rewolusie het die boerderylandskap drasties verander met die uitvinding van die eerste selfaangedrewe stoomenjin wat in die 1870’s gebruik is om koring te oes en tweevoorploeë te trek. Hierdie masjiene het uiteindelik teen die 1920’s in die moderne trekker ontwikkel. In 1824 het die Farmhall trekker een van die eerste multi-funksionele masjiene geword wat gebruik is om oesmasjiene en ander planttoerusting te trek, wat boere uiteindelik toegelaat het om afstand te doen van die groot, lomp, stoom-aangedrewe modelle. Farmhall moes spoedig 200 modelle ’n dag bou om by die aanvraag by te hou. Hierdie uitvinding het beteken dat boere nou meer grond, vinniger, en met minder arbeid kon bewerk en ook in staat sou wees om beter opbrengste te lewer. Maar die oorspronklike Farmhalls het geen batterye gehad nie en moes met onvermoeide slingerdraai aan die gang gesit word totdat elektriese aansitters in 1936 geïnstalleer is.
Die stroper versnel oeswerk
Voor die evolusie van boerdery-tegnologie moes boere gewasse met die hand oes deur dit met sense te sny en die saad met hul hande te verwyder. Vele hande was nodig om graan uit die gewasse te skei selfs na die gebruik van stoom-aangedrewe dorsmasjiene. In 1886 is die eerste selfaangedrewe stroper gebruik om 100 akkers te oes, ’n taak wat dae sou geneem het. Die eerste stroper was net so groot soos dies wat jy vandag sien, alhoewel moderne stropers verwissellende koppe het om gewasse te oes, insluitend koring, soja en rys. Hedendaagse modelle het ook ’n meer gevorderde tegnologiese voordeel met die toevoeging van sensors wat die hoeveelheid graan dophou wat deur die dorsmasjien uitgaan, sowel as GPS-tegnologie om die werksverrigting aan te teken. Boere kan die stroper bedank vir ’n meer doeltreffende oes en dus, die vinniger vervaardiging van groter opbrengste.
Outowaens
Boere spandeer die grootste deel van hul lewens op hul plase, maar hierdie was en is gewoonlik massiewe eiendomme wat meer as ’n vinnige stappie vereis om van die lande tot die skuur te kom en weer terug. Boere het vir eeue staatgemaak op twee-wiel- en toe vier-wielwaens om masjinerie, vee, gewasse en ander voorwerpe rondom die plaas of na die mark te vervoer. Die eerste vragmotor het aan die begin van die 20ste eeu verskyn en is hoofsaaklik in stedelike gebiede gebruik. Die “Auto Wagon,” wat in 1907 bekendgestel is, was die eerste van sy soort – ’n geharde vragmotor wat uitsluitlik deur boere gebruik kon word. Die res is geskiedenis, met die moderne vragmoter of bakkie wat sy plek as die boer se trots en vreugde inneem, om nie te praat van die mees gebruikte stuk masjinerie nie.
Die gawe van eenvoudige, tog soliede rubber
Staalpenwiele het ongekende ellende vir boere veroorsaak. Hulle was stadig, het boute losgeskud en het hardnekkig in die grond ingegrawe as hulle spin, wat skade aan die paaie veroorsaak het. Lemoenprodusente van Florida het genoeg gehad van staalpenne wat hul boomwortels beskadig en het tereg tot die gevolgtrekking gekom dat rubberbande die antwoord sou wees. In 1931 is ’n trekker met ’n rubberband wat om die staalvelling gemonteer is deur BF Goodrich en Co uitgebring. Van toe af het ander maatskappye hul voorbeeld gevolg. Rubberbande was meer kragtig, meer gemaklik, baie beter vir langer afstande en het nie kluite in die pad gegrawe nie – wat boere doodtevrede gelaat het om hul trekkers te ry.
Die lang geskiedenis van boerdery toon dat soos die wêreld verander, dit in die landbou weerspieël en die gemeenskap affekteer, wat verseker dat die wêreld gevoed en versorg word. Radium Engineering spesialiseer in gevorderde boerderytoerusting wat geskik is vir die moderne boer. Kyk deur die produkte-bladsye vir enige boerderybehoeftes wat jy mag hê.
You must be logged in to post a comment.