fbpx
QUESTIONS? CALL: +27 12 719 9062

Radium Engineering

Radium Engineering

Agricultural Equipment & Implements

T | +27 12 719 9062/9063
Email: sales@radium.co.za

Radium Engineering
30 Third Street Babelegi North West Province South Africa 0407

Open in Google Maps
  • Radium Engineering
  • About
    • The Company
    • Terms & Conditions
  • Products
    • Tillage Equipment
      • Dual Tine Ripper
      • Powerrip
      • Zonetill
      • Pasturator
      • High Speed Inline Compact Disc
      • Powertill
    • Rock Removal Equipment
      • Rock Pickers
      • Windrower
    • Road Graders
      • 3 Point Grader
      • Agri Grader
      • Uni Grader
      • Universal Grader
    • Rotary Cutters
      • Schulte Fixed Knife Technology
      • Schulte Flex Wing Rotary Cutter
    • Feeding Equipment
      • Horizontal Feed Mixers
      • Vertical Feed Mixers
    • Spreading Equipment
      • Prospread
      • Compacspread
      • Bulkspread
      • Econospread
  • After Sales Service
  • Events
    • NAMPO
  • Resources
    • Product Details
    • Product Video
    • Blog
  • SA Warriors
  • Contact Us
FREEQUOTE
  • Home
  • Uncategorized
  • Hoe veilig is jou plaaswerkers REGTIG wanneer hulle met boerderytoerusting en masjiene werk?
May 23, 2022

Hoe veilig is jou plaaswerkers REGTIG wanneer hulle met boerderytoerusting en masjiene werk?

Hoe veilig is jou plaaswerkers REGTIG wanneer hulle met boerderytoerusting en masjiene werk?

by admin / Thursday, 30 June 2016 / Published in Uncategorized

Die gebruik van enige tipe boerderytoerusting, soos masjiene, gereedskap of implemente is nie kinderspeletjies nie. Dit is nie net onervare mense wat nodig het om uiters versigtig te wees wanneer hulle met plaastoerusting werk nie, want ongelukke kan met selfs die mees kundige en ervare boere in ’n fraksie van ’n sekonde gebeur. Dikwels voel boere so vol vertroue wanneer hulle met die masjiene werk dat hulle nie meer basiese veiligheidsmaatreëls toepas nie, en hierdie onoplettendheid kan tot beserings lei. In sulke gevalle kan ’n mens sê dat hulle inderdaad nalatig was. Navorsing oor die veiligheidsvereistes vir plaastoerusting het getoon dat ongelukke plaasvind wanneer mense

  • nie instruksies tot aan die letter volg nie
  • probeer om tyd te bespaar
  • waarskuwings ignoreer, of
  • versuim om toerusting behoorlik in stand te hou.

Veiligheidsvoorsorgmaatreëls vir Boerderytoerusting

Hier volg ’n paar streng veiligheidsmaatreëls waarmee boere en werkers vertroud behoort te wees wanneer plaastoerusting, soos voertuie, masjiene, gereedskap, of implemente gebruik word:

Voertuie wat bestuur word

  • Slegs een persoon moet toegelaat word om in beheer van ’n voertuig, soos ’n trekker of oesmasjien, te wees en dit te bestuur, en daardie persoon moes behoorlike opleiding ontvang het om die voertuig te bestuur.
  • Die persoon wat die voertuig bestuur moet altyd die sitplekgordel dra wat verskaf is.
  • Die bestuurder moet nooit toelaat dat kinders of ander mense op die voertuig klim en daarmee saamry nie. Die ekstra gewig kan die voertuig van balans afgooi, veral op ongelyke terrein, en dit kan omval en die persoon kan daaronder beland. Navorsing het getoon dat die meeste sterftes plaasvind wanneer daar bykomende ongemagtigde persone in of op die voertuie is. ·
  • Dit is ook belangrik dat voertuigbestuurders te alle tye nugter moet wees.
  • Sodra die voertuigbestuurder sy werk voltooi het, moet hy die aansitskakelaar afsit voordat hy daaruit klim en moet altyd die sleutels saam met hom neem. Hy moet ook baie seker wees dat die remme ingeskakel is, aangesien ’n paar mense in die verlede ernstig beseer is deur weghol-voertuie.

Onderhoud van Plaastoerusting

  • Alle plaastoerusting moet gereeld ondersoek word om te verseker dat dit nog steeds in ’n goeie werkende toestand is.
  •  Voordat die inspeksie begin, moet die wiele van beweeglike voertuie of masjiene geblokkeer word om te verhoed dat hulle beweeg of rol tydens die inspeksie.
  • Bande moet nagegaan word om te sien of hulle pap is of opgeblaas moet word. Die domkrag en alle binne-meganismes, soos vere, kettings, speke, ens. moet in ’n goeie toestand wees.
  • Terwyl dit tyd en geld mag spaar om toerusting self reg te maak, word dit nie aanbeveel nie. Kontak die vervaardigers of betroubare meganiese tegnici om herstelwerk op plaastoerusting uit te voer.

Beskermende Uitrustings

  • Boere en masjienoperateurs moet nooit lospassende klere dra wanneer hulle voertuie bestuur of met plaastoerusting werk nie omdat klere in die masjien verstrengel kan raak. Sodra ’n hempsmou of broek in die masjien vasgevang is, is dit byna onmoontlik om dit te verwyder sonder om beseer te word.
  • Dra altyd spesiaal-ontwerpte beskermende klere in plaas van alledaagse klere om veiligheid te verseker.
  • Boere of werkers wat met masjiene werk wat puin uitlaat moet ook beskermende harde hoede en brille dra.
  • Veiligheidskoene met versterkte toonpunte is uiters noodsaaklik vir elke boer of werker.

Ander Basiese Voorsorgmaatreëls

Opleiding – Veiligheid begin met behoorlike opleiding. Alle persone wat voertuie sal bestuur of met swaar en gevaarlike masjinerie sal werk moet behoorlike opleiding ontvang. Wanneer mense met gevaarlike en swaar masjinerie werk sonder die nodige kennis en opleiding, neem hul kanse om beseer te word toe.

Handleidings – Boere en masjienoperateurs moet masjineriehandleidings van begin tot einde lees voordat hulle met masjinerie werk. As die persoon wat met die masjinerie moet werk nie kan lees nie, moet al die instruksies en veiligheidsmaatreëls duidelik aan hom/haar verduidelik word. Dit is belangrik dat alle landboutoerusting, gereedskap en masjiene verantwoordelik gebruik word en vir die doel waarvoor dit ontwerp is aangewend word.

Siekte, Moegheid en Dwelmmiddels – Niemand moet ooit plaasvoertuie of swaar masjinerie bestuur, of werkgereedskap gebruik terwyl hulle siek of moeg voel nie. Hulle moet ook nooit enige toerusting gebruik terwyl hulle medikasie gebruik wat lomerigheid veroorsaak nie, of terwyl hulle onder die invloed van dwelmmiddels soos alkohol of dwelms is nie.

Gevare – Voertuigbestuurders, masjienoperateurs en gebruikers van toerusting moet weet hoe om te werk te gaan met gevare soos elektriese kortsluiting, drade en toue wat per ongeluk afgesny word, en water- of olielekkasies. Hulle moet weet om nie naby sommige masjiene en toerusting te rook nie, aangesien hulle hoogs vlambaar kan wees, veral terwyl brandstof ingegooi word in masjiene soos klipharke, snyers, trekkers en ander masjinerie wat diesel of petrol nodig het om te werk. Die meeste elektriese toestelle mag nie naby water gebruik word nie en blokkasies moet nie skoongemaak word terwyl die toerusting aan die gang is nie.

Die Bevordering van Veiligheid – Dit is raadsaam vir die masjienoperateurs om ’n “taal” van handgebare te bedink om met ander te kommunikeer wanneer lawaaierige masjinerie gebruik word. Mense wat nie betrokke is by die werking van die boerderytoerusting of gereedskap nie moet ver wegbly, want hulle kan beseer word terwyl hulle kyk hoe ander werk, aangesien hulle afgelei en onbewus is van vlieënde puin, of hulle kan selfs in die pad van ’n masjien wees. Tydelike beskermende strukture, soos beskuttings, skerms of nette moet in en om gebiede geïnstalleer word waar masjiene gebruik sal word om die boer en werkers teen vlieënde puin te beskerm. Trekkers en ander masjiene mag nooit oorlaai word nie, aangesien alle masjinerie spesifieke gebruike en beperkings het.

 

Share this:

  • Twitter
  • Facebook
  • Print
  • LinkedIn
  • Reddit
  • Tumblr
  • Pinterest

Like this:

Like Loading...
0

About admin

What you can read next

Los productos Radium son la opcion ideal para los vinedos de Sudafrica
All you need to know about NAMPO 2017
Soil Fertility Good Practices to Adopt

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

GET A FREE QUOTE

Fill in this form and we will get back to you as soon as possible.

MENU

  • Radium Engineering
  • About
  • Products
  • After Sales Service
  • Events
  • Resources
  • SA Warriors
  • Contact Us
Radium Engineering

GET IN TOUCH

Contact Us

T | +27 12 719 9062/9063

F | +27 12 719 9064

E | sales@radium.co.za

PHYSICAL ADDRESS
30 Third Street
Babelegi
North West Province
South Africa
0407

POSTAL ADDRESS
Private Bag X2008
Hammanskraal
Gauteng
South Africa
0400

  • GET SOCIAL
Radium Engineering

© 2019 All rights reserved.

TOP
Manage Cookie Consent
We use cookies to optimize our website and our service.
Functional Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes. The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.
Manage options Manage services Manage vendors Read more about these purposes
Preferences
{title} {title} {title}

WhatsApp us

%d bloggers like this: