fbpx
QUESTIONS? CALL: +27 12 719 9062

Radium Engineering

Radium Engineering

Agricultural Equipment & Implements

T | +27 12 719 9062/9063
Email: sales@radium.co.za

Radium Engineering
30 Third Street Babelegi North West Province South Africa 0407

Open in Google Maps
  • Radium Engineering
  • About
    • The Company
    • Terms & Conditions
  • Products
    • Tillage Equipment
      • Dual Tine Ripper
      • Powerrip
      • Zonetill
      • Pasturator
      • High Speed Inline Compact Disc
      • Powertill
    • Rock Removal Equipment
      • Rock Pickers
      • Windrower
    • Road Graders
      • 3 Point Grader
      • Agri Grader
      • Uni Grader
      • Universal Grader
    • Rotary Cutters
      • Schulte Fixed Knife Technology
      • Schulte Flex Wing Rotary Cutter
    • Feeding Equipment
      • Horizontal Feed Mixers
      • Vertical Feed Mixers
    • Spreading Equipment
      • Prospread
      • Compacspread
      • Bulkspread
      • Econospread
  • After Sales Service
  • Events
    • NAMPO
  • Resources
    • Product Details
    • Product Video
    • Blog
  • SA Warriors
  • Contact Us
FREEQUOTE
  • Home
  • Uncategorized
  • 4 tegnologiese landbou tendense regoor die wêreld om dop te hou
May 23, 2022

4 tegnologiese landbou tendense regoor die wêreld om dop te hou

4 tegnologiese landbou tendense regoor die wêreld om dop te hou

by admin / Tuesday, 16 August 2016 / Published in Uncategorized

Tegnologiese vooruitgang word altyd vergesel deur innoverende idees en opwindende nuwe ontdekkings, en die landboubedryf is geen uitsondering nie. Boerderytegnologie bly aan die ontwikkel, soos mens in die ontwerp en vervaardiging van trekkers en toerusting kan sien. Moderne berekeningsmetodes stel boere in staat om hul oesopbrengs te monitor, te beheer en te vergroot.

Met so baie belowende moontlikhede, sien ons uit na ’n welvarende toekoms vir ons land se landbou. In die volgende artikel deel ons ’n keur van die landbou tendense om in 2016 en daarna dop te hou.

Geneties ontwerpte kos

Geneties ontwerpte kos staan jou dalk nie aan nie, maar die mensdom het hierdie tegnologiese vooruitgang broodnodig om te oorleef en floreer. In baie dele van die wêreld, veral in droogte-geteisterde gebiede, is daar ’n dringende behoefte aan metodes om gespesialiseerde sade te plant en te groei om ru, veranderlike klimate te weerstaan. Die hele wêreld sou ’n voedselkrisis in die gesig gestaar het as dit nie was vir ’n paar wetenskaplikes wat navorsing doen oor hoe om meer bestande gewasse te produseer nie. In teenstelling met geneties gewysigde voedsel, waarvan die DNA verander is op ’n manier wat nie natuurlik voorkom nie, word gene van ’n ander plant of dier in die geneties ontwerpte kos se DNA geplaas.

 

Landbou-robotte

Landbou-robotte sal in die toekoms standaardtoerusting word, veral wanneer plaaswerkers nie meer in staat sal wees om toesig te hou oor boerderyprosesse soos oes, vrugtepluk, plant en besproeiing nie. Wanneer ons aan robotte dink, is ons geneig om ’n prentjie te skep van vriendelike, mensagtige masjiene wat stap en praat soos wat ons in films sien. Maar wanneer ons oor landbourobotte praat, verwys ons na stem- en geoherkenningsagteware asook dataverwerking. Dink aan robotte in die landbou as soortgelyk aan ’n virtuele landerybestuurder waar besluite geneem word n.a.v. ingesamelde data. Dieselfde soort sagteware kan gebruik word om die weer te monitor. Hierdie tipe tegnologie sal verseker in die nabye toekoms veld wen.

Presisie landbou

Deur satellietbeelde, intelligente netwerke en sensors te gebruik, kan boere hul plase meer doeltreffend  bestuur deurdat hulle die intra-veld variasies in gewasse kan waarneem, meet en daarop kan reageer. Die versamelde data stel boere in staat om hul plaasopbrengs te verhoog en om hul plaasbestuurondersteuningstelsel te definieer, terwyl hulpbronne bewaar word. Deur oesafwykings en ​​weerstatistieke d.m.v. presisieboerderytegnieke te ontleed, kan boere beter besluite neem en ook hul saaitegnieke verbeter. Uiteindelik sal presisieboerderytegnologie ’n aanwins wees vir landerybestuur, spesifiek in oeswetenskap, omgewingsbewustheid en -beskerming en ekonomie.

Vertikale boerdery

Met ’n geskatte 7 miljard mense op aarde, plaas uitdyende verstedeliking druk op beskikbare grond vir landboudoeleindes. Beperkte ruimte dwing ’n mens byna om innoverend te wees, en hier neem vertikale boerdery die voortou. Vertikale boerdery gebruik tegnieke soortgelyk aan kweekhuise waar gewasse vertikaal teen ligweerkaatsende wolkekrabbers gekweek word. Gewasse word ook binnenshuis in vertikale houers gekweek soos in die prent hieronder. Daar is talle voordele verbonde aan vertikale boerdery, soos dat ’n mens regdeur die jaar kan oes, asook beskerming teen slegte weer, gereguleerde temperatuur, humiditeit- en ligbeheer, en die vermindering van produksie- en vervoerkoste. Die mees ongelooflike deel is dat vertikale boerdery nie grond vereis nie, en in plaas daarvan op voedselryke water staatmaak.

Share this:

  • Twitter
  • Facebook
  • Print
  • LinkedIn
  • Reddit
  • Tumblr
  • Pinterest

Like this:

Like Loading...
0

About admin

What you can read next

4 technological agricultural trends across the globe worth watching
El Día de la cosecha NAMPO 2017 exhibe los mejores productos agrarios de Sudáfrica
Tierra cultivada a traves de globo

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

GET A FREE QUOTE

Fill in this form and we will get back to you as soon as possible.

MENU

  • Radium Engineering
  • About
  • Products
  • After Sales Service
  • Events
  • Resources
  • SA Warriors
  • Contact Us
Radium Engineering

GET IN TOUCH

Contact Us

T | +27 12 719 9062/9063

F | +27 12 719 9064

E | sales@radium.co.za

PHYSICAL ADDRESS
30 Third Street
Babelegi
North West Province
South Africa
0407

POSTAL ADDRESS
Private Bag X2008
Hammanskraal
Gauteng
South Africa
0400

  • GET SOCIAL
Radium Engineering

© 2019 All rights reserved.

TOP
Manage Cookie Consent
We use cookies to optimize our website and our service.
Functional Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes. The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.
Manage options Manage services Manage vendors Read more about these purposes
Preferences
{title} {title} {title}

WhatsApp us

%d bloggers like this: