fbpx
QUESTIONS? CALL: +27 12 719 9062

Radium Engineering

Radium Engineering

Agricultural Equipment & Implements

T | +27 12 719 9062/9063
Email: sales@radium.co.za

Radium Engineering
30 Third Street Babelegi North West Province South Africa 0407

Open in Google Maps
  • Radium Engineering
  • About
    • The Company
    • Terms & Conditions
  • Products
    • Tillage Equipment
      • Dual Tine Ripper
      • Powerrip
      • Zonetill
      • Pasturator
      • High Speed Inline Compact Disc
      • Powertill
    • Rock Removal Equipment
      • Rock Pickers
      • Windrower
    • Road Graders
      • 3 Point Grader
      • Agri Grader
      • Uni Grader
      • Universal Grader
    • Rotary Cutters
      • Schulte Fixed Knife Technology
      • Schulte Flex Wing Rotary Cutter
    • Feeding Equipment
      • Horizontal Feed Mixers
      • Vertical Feed Mixers
    • Spreading Equipment
      • Prospread
      • Compacspread
      • Bulkspread
      • Econospread
  • After Sales Service
  • Events
    • NAMPO
  • Resources
    • Product Details
    • Product Video
    • Blog
  • SA Warriors
  • Contact Us
FREEQUOTE
  • Home
  • Uncategorized
  • Nuwe planne, nuwe bedryfshoof vir ingenieurswerke: Ons gesels met Jaco Orsmond, Radium Engineering se nuwe bedryfshoof.
May 23, 2022

Nuwe planne, nuwe bedryfshoof vir ingenieurswerke: Ons gesels met Jaco Orsmond, Radium Engineering se nuwe bedryfshoof.

Nuwe planne, nuwe bedryfshoof vir ingenieurswerke: Ons gesels met Jaco Orsmond, Radium Engineering se nuwe bedryfshoof.

by admin / Wednesday, 05 July 2017 / Published in Uncategorized

Die nuwe bedryfshoof van Radium Engineering het ten spyte van sy jong voorkoms, al baie jare agter die blad, en ken die bedryf deur en deur. Landbouweekblad het met hom gesels oor sy ervaring, verbintenis met Radium Engineering en sy toekomsplanne by die maatskappy.

Ontmoet vir mnr. Jaco Orsmond, Radium Engineering se bedryfshoof sedert Mei vanjaar. Hy is ’n meganiese ingenieur van beroep en het sy kennis in Suid-Afrika, ander dele van Afrika en ook in die VSA opgedoen. Jaco bring nou hierdie ervaring na een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde landbou ingenieurswerke, Radium Engineering.

As ’n bedryfshoof wat al sy moue in die bedryf moes oprol, is hy nie ’n bestuurder wat net tyd in ’n kantoor deurbring nie. Trouens, sy verbintenis met die landboubedryf en Radium Engineering spesifiek is deel van sy lewensverhaal, vertel Jaco.

“Ek het meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer en het in 2007 by Radium begin werk terwyl ek besig was om my graad te voltooi. Hier het ek baie waardevolle ervaring opgedoen en was ek deel van verskeie belangrike projekte. Ek het later by AGCO Korporasie aangesluit en my ervaring verder uitgebrei. By AGCO was ek verantwoordelik vir ’n hele klomp projekte en is ek later as die hoofprojekbestuurder [sub: Lead Project Manager] vir die AGCO-opleidingsfasiliteit in Zambië aangewys. Dit is die eerste internasionale opleidingsfasiliteit van sy soort in Afrika en ook die eerste ontwikkeling van die AGCO Wes-Afrika opleidingsfasiliteit,” sê Jaco.

Hy was ook die hoofprojekingenieur verantwoordelik vir die vestiging van plaaslike vervaardiging in Suid-Afrika. Dit het produkontwerp en -ontwikkeling ingesluit gemik op die mark vir nuwe toetreders tot die landbou en kleinskaalboere. “Dit is vandag die grootste landboumark,” sê hy.

TERUG IN DIE KRAAL

Met hierdie vrag internasionale ondervinding, het Jaco vanjaar teruggekeer na Radium Engineering.

Sy betrokkenheid in die verlede by die ontwikkeling van vele van Radium se bestaande produkte, is steeds ’n aanwins vir die maatskappy.

“Terwyl ek by Radium gewerk het, en selfs daarna, was ek betrokke by verskeie projekte. Die belangrikste was die herontwerp van die Radium Power Rip Trip Assembly en om die Dual Tine Ripper se tande vanuit China te verkry. Ander groot projekte was die ontwerp van die strooier se ratkas, Radium se kombinasie masjien en Radium se Zone Till. Ek het ook aan verskeie ontwerpe en herontwerpe gewerk om doeltreffendheid en gehalte te verbeter en vervaardigingsprosesse te optimaliseer.”

MEGANISASIE NEIGINGS

Nuwe meganisasie tendense op plaaslike en internasionale vlak is iets wat Radium Engineering altyd in die oog hou.

Jaco meen dat die grootste neigings tans op presisieboerdery gefokus is.

“Dit is ’n tendens wat vanjaar gaan toeneem in die Suid-Afrikaanse mark en dit sal aanhou uitbrei na die res van die mark in Afrika oor die volgende paar jaar. Presisie in saadplasing en die toediening van plantvoeding en bemesting, sal belangriker word om grondvrugbaarheid en groter oeste te ondersteun.

“Dit is belangrik om die landbou met die jongste tegnologie te ondersteun, van begin tot einde.”

TEGNOLOGIE IN SA

Die impak van presisietegnologie op Suid-Afrikaanse boere sal doeltreffendheid verbeter, groter oeste oplewer en hersteltyd van masjinerie verminder. “Presisietegnologie verminder bedryfs- en onderhoudskoste en ander verliese. Dit sluit in saadverlies of onkiemingsprobleme weens swak saadplasing of ondoeltreffende gebruik van bemesting en plantvoeding. Die toepassing van presisieboerdery sal boerderye se besigheid meer winsgewend maak en die impak op die omgewing verminder,” sê Jaco.

Sy raad aan boere is om die huidige tegnologie te vertrou. “Dit is ontwikkel om boere te ondersteun en boerderymetodes te verbeter. Dit geld kommersiële en ontluikende boere. Nuwe toetreders tot die lande sal baat by meganisasie indien hulle wil groei en ’n volbare toekoms as boere wil verseker.

TOEKOMSVISIE

Radium Engineering is die afgelope 52 jaar die pasaangeër in die Suid-Afrikaanse landboumasjineriemark vir plaaslike vervaardiging. “Die fokus in die volgende vyf jaar sal wees om hierdie leidende rol te behou en ook om dit na die buiteland uit te brei. Ons wil nuwe produkte onwikkel en die bestaande produkte verbeter. Die bekendstelling van ons bestaande tegnologie aan boere in die res van die wêreld, is ons volgende uitdaging. Radium Engineering wil eindelik ’n vennoot en denkleier wees op ’n internasionale vlak en wil saam met ons klante werk om meer doeltreffende boerderymetodes te vind.”

Nader samewerking met klante en vennote in verskillende markte, is nog een van die doelwitte wat Jaco vir Radium Engineering stel. Sodoende wil hulle meer direk aan die behoefte van boere voorsien, maar ook met diens, ondersteuning en aanbevelings help om die beste moontlike resultate op die plaas te kry.

Klantediens is sedert sy ontstaan die kern van hoe Radium Engineering besigheid doen. “Wat ons onderskei is dat jy direk met die besluitnemers handel. Ons glo in persoonlike diens en wil die beste moontlike produk teen die beste moontlik prys bied. Daarom gesels ons direk met ons klante.”

Share this:

  • Twitter
  • Facebook
  • Print
  • LinkedIn
  • Reddit
  • Tumblr
  • Pinterest

Like this:

Like Loading...
0

About admin

What you can read next

4 tegnologiese landbou tendense regoor die wêreld om dop te hou
Que producto de radium es el adecuado para mi?
Die Voordele van ’n Familiebesigheid

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

GET A FREE QUOTE

Fill in this form and we will get back to you as soon as possible.

MENU

  • Radium Engineering
  • About
  • Products
  • After Sales Service
  • Events
  • Resources
  • SA Warriors
  • Contact Us
Radium Engineering

GET IN TOUCH

Contact Us

T | +27 12 719 9062/9063

F | +27 12 719 9064

E | sales@radium.co.za

PHYSICAL ADDRESS
30 Third Street
Babelegi
North West Province
South Africa
0407

POSTAL ADDRESS
Private Bag X2008
Hammanskraal
Gauteng
South Africa
0400

  • GET SOCIAL
Radium Engineering

© 2019 All rights reserved.

TOP
Manage Cookie Consent
We use cookies to optimize our website and our service.
Functional Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes. The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.
Manage options Manage services Manage vendors Read more about these purposes
Preferences
{title} {title} {title}

WhatsApp us

%d bloggers like this: