fbpx
QUESTIONS? CALL: +27 12 719 9062

Radium Engineering

Radium Engineering

Agricultural Equipment & Implements

T | +27 12 719 9062/9063
Email: sales@radium.co.za

Radium Engineering
30 Third Street Babelegi North West Province South Africa 0407

Open in Google Maps
  • Radium Engineering
  • About
    • The Company
    • Terms & Conditions
  • Products
    • Tillage Equipment
      • Dual Tine Ripper
      • Powerrip
      • Zonetill
      • Pasturator
      • High Speed Inline Compact Disc
      • Powertill
    • Rock Removal Equipment
      • Rock Pickers
      • Windrower
    • Road Graders
      • 3 Point Grader
      • Agri Grader
      • Uni Grader
      • Universal Grader
    • Rotary Cutters
      • Schulte Fixed Knife Technology
      • Schulte Flex Wing Rotary Cutter
    • Feeding Equipment
      • Horizontal Feed Mixers
      • Vertical Feed Mixers
    • Spreading Equipment
      • Prospread
      • Compacspread
      • Bulkspread
      • Econospread
  • After Sales Service
  • Events
    • NAMPO
  • Resources
    • Product Details
    • Product Video
    • Blog
  • SA Warriors
  • Contact Us
  • MY CART
    No products in cart.
FREEQUOTE
  • Home
  • Uncategorized
  • NAMPO Oesfees 2017 vertoon die heel beste Suid-Afrikaanse landbouprodukte
April 19, 2021

NAMPO Oesfees 2017 vertoon die heel beste Suid-Afrikaanse landbouprodukte

NAMPO Oesfees 2017 vertoon die heel beste Suid-Afrikaanse landbouprodukte

by admin / Tuesday, 25 April 2017 / Published in Uncategorized

  

Vanjaar se NAMPO Oesfees sal rekord getalle besoekers van 16 tot 19 Mei 2017 na die feesterrein in Bothaville, Vrystaat lok, waar leiers in die landbousektor die nuutste produkte en dienste sal uitstal.

Die vier-dag uitstalling word deur Graan SA georganiseer en het verlede jaar ’n ongeëwenaarde 75 116 besoekers gelok wat gekom het om die 685 uitstallers te ontmoet. Een van hierdie suksesvolle uitstallers was ’n toonaangewende verskaffer van landboutoerusting en -gereedskap, Radium Engineering, wat in 2017 vir die 49ste agtereenvolgende jaar sal terugkeer.

“Hierdie skou bied ’n ongelooflike platform vir diés in die landboubedryf om van aangesig tot aangesig met verskeie sake-eienaars en verskaffers te gesels,” het Grant Roest, uitvoerende hoof van Radium Engineering gesê. “Dit is noodsaaklik vir die groei van dié sektor in die land aangesien dit plaaslike boere en rolspelers in die bedryf aan ’n internasionale mark blootstel.”

Radium Engineering bied ’n wye verskeidenheid kundig-ontwerpte, betroubare implemente om landbou- en boerderytoerustingsbehoeftes te bevredig. Met Radium aan die voorpunt van tegnologiese vooruitgang en baanbrekerontwerp, word elke stukkie masjinerie versigtig ontwerp en volgens streng spesifikasies vervaardig. Hul reeks sluit weidingsbeligters, strooiers, en grondbewerking- en voedingstoerusting in.

As gevolg van die skou se gehalte, groei wêreldwye belangstelling jaarliks: in 2016 was daar 60 buitelandse uistallers, en selfs meer word in 2017 verwag. Hierdie, tesame met die toename in algehele getalle, is ’n aanduiding van die groei in die bedryf ten spyte van moeilike landboutoestande.

Die uitstalling se 50-jaar-lange bedrywighede het ongelooflik gegroei van sy nederige oorsprong in 1967 toe ’n totaal van agt uitstallers deelgeneem en 203 mense dit bygewoon het. Maar die uitstalling vervul duidelik ’n massiewe behoefte in die Suid-Afrikaanse mark vir ’n landbou-gefokusde, behoeftegedrewe handelskou wat nou verteenwoordigers uit elke aspek van die bedryf lok.

Die aanvanklike fokus van mielieproduksie en sy meganisasie is omskep in statiese en virtuele uitstallings, met spesialiste in die verskillende velde wat kundige insig in moderne produkte en praktyke deel. Die uitstallers en fasiliteite van die NAMPO 2017 Oesfees het daarin geslaag om tred te hou met ontwikkelings in die landboutegnologie, wat verseker dat byna elke faset van landbou aangespreek word.

Volgens Cobus van Coller, die voorsitter van die NAMPO Oesfees, het “die NAMPO Oesfees oor die afgelope half-eeu in ’n handelsmerk ontwikkel wat akkuraat resoneer met moderne landbou in Suid-Afrika. Dit spreek tot die algemene publiek as verbruikers van ons landbouprodukte; dit spreek tot alle produsente in ons land; dit spreek tot besluitnemers in die regering en die bedryf; selfs die internasionale arena vind aanklank daarby en die groeiende belangstelling uit die buiteland bevestig dit. ”

Hy het gesê die onlangse droogte maak dit veral belangrik vir produsente om NAMPO 2017 fees te besoek sodat inligting en insigte uitgeruil kan word.

Besoekers aan NAMPO 2017 sal aan ’n kombinasie van die nuutste meganisasie tegnologie, ’n wye verskeidenheid insetprodukte, asook voertuie en toebehore wat toegewy is aan die verbetering van die landbouproses, blootgestel word. In die diere-afdeling sal daar ’n uitstalling van groot- en kleinveerasse wees – met ’n daaglikse veeuitstalling – asook perde en selfs uitstallings deur die wildsbedryf. Die afslaerskompetisie wat in die veilingsaal aangebied word, is ook een van die skouhoogtepunte.

Besoek NAMPO Oesfees 2017 van 16 tot 19 Mei buite Bothaville, Vrystaat. Kaartjies is by www.ticketpro.co.za beskikbaar.

Share this:

  • Twitter
  • Facebook
  • Print
  • LinkedIn
  • Reddit
  • Tumblr
  • Pinterest

Like this:

Like Loading...
0

About admin

What you can read next

Verboude Grond Regoor Die Wêreld
Waarom enige tipe plaas by hierdie drie Radium Engineering produkte sal baatvind
Farm equipment mixers to improve your animals’ appetite

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

GET A FREE QUOTE

Fill in this form and we will get back to you as soon as possible.

MENU

  • Radium Engineering
  • About
  • Products
  • After Sales Service
  • Events
  • Resources
  • SA Warriors
  • Contact Us
Radium Engineering

GET IN TOUCH

Contact Us

T | +27 12 719 9062/9063

F | +27 12 719 9064

E | sales@radium.co.za

PHYSICAL ADDRESS
30 Third Street
Babelegi
North West Province
South Africa
0407

POSTAL ADDRESS
Private Bag X2008
Hammanskraal
Gauteng
South Africa
0400

  • GET SOCIAL
Radium Engineering

© 2019 All rights reserved.

TOP
%d bloggers like this: