Groei en ontwikkeling in die landbousektor is aan die voorpunt van die mens se volhoubaarheid. Die Verenigde Koninkryk se Voedsel- en Landbouvereniging skat dat die wêreld se bevolking teen 2050 met ’n massiewe 47% sal toeneem tot ’n totaal op 8.9 miljard mense.
Om voldoende voedsel hiervoor te produseer, sal wêreldwye landbou in die volgende 30 jaar moet verdubbel, aangesien ’n tekort tot humanitêre krisisse en kommer oor nasionale veiligheid wêreldwyd sal lei.
Daar is ’n aantal tegnieke en tegnologieë wat jaarliks ontwikkel en deur die landboumark in gebruik geneem word wat reeds ’n groot impak het. Hier is ’n paar internasionale en plaaslike voorspellings vir 2017 en ook daarna.
Hiperwetenskap en biologiese organismes
Die aantal bekende chemiese stowwe sal blykbaar van die 19 miljoen van vandag teen 2025 tot 80 miljoen groei, wat beteken dat daar die heeltyd nuwe metodes vir die verbetering van gewasse en vee sal wees. Biologiese organismes word ook gebruik om onkruid, insekte en siektes te beveg. NASA neem dit ’n stap verder deur ‘Mars-tuine’ te simuleer om vas te stel watter plante ruimtevaarders op die Rooi Planeet sal kan plant.
Verpakking
Daar is groot innovasies in die verpakkingsektor soos die bekendstelling van produkte wat die rakleeftyd van vars produkte drasties verhoog deur die regulering van lugvloei of die gebruik van bio-afbreekbare materiaal. As ’n voorbeeld het Chiquita Brands – ’n toonaangewende verspreider van piesangs in die Verenigde State van Amerika – ’n spesiale membraan ontwikkel wat die raklewe van ’n produk d.m.v. gereguleerde lugvloei verdubbel. Ons sal aanhou om in 2017 van vooruitgang in hierdie area te hoor.
Fotografie: David Paul Morris/Bloomberg via Getty Images
Natuurlike energie
Wêreldwye bewustheid oor klimaatsverandering het ’n groot impak op die landbousektor en die gebruik van alternatiewe brandstowwe word aangemoedig. In die Verenigde State van Amerika beplan die Departement van Energie om d.m.v. alternatiewe brandstof 5% van die land se energieverbruik teen 2020 te voorsien, terwyl Europa vir 20% mik. Daar sal dus ’n verskuiwing na landbougewasse wees wat as ’n energiebron gebruik kan word.
Verbruikersgesondheid
Groeiende bewustheid oor die invloed van voedingswaarde op ons algemene gesondheid het gelei tot ’n groot styging in die behoefte aan ‘vars-gesnyde versnapperinge’ om gerief met gesondheid te kombineer. Volgens die Internasionale Vars-gesnyde Produkvereniging, het die vars-gesnyde versnapperingsmark van 2003 tot 2004 met sowat R120miljard tot omtrent R140miljard gegroei. Dit toon steeds ’n opwaartse neiging wat beteken dat vars produkte in ’n prominente landbougewas ontwikkel.
Oestendense
Volgens National Geographic sal klimaatsverandering ’n effek hê op die tipe gewasse wat wêreldwyd gekweek word asook op die opbrengs van elke gewas, met voorspellings wat tot 2050 strek. Noord-Amerika se koringproduksie sal met 20% daal en Suid-Amerika s’n met 15%. Noord-Europese aartappelboere kan langer groeiseisoene verwag terwyl Wes-Afrika meer rys mag plant. Daar sal ernstige veranderinge in Asië wees a.g.v. die groot bevolking met ’n groot verlies aan landbougrond; en Australië sal meer doeltreffend moet boer om die droogte te bestry.
Ten spyte van ons plaaslike politieke onrus, groei die Suid-Afrikaanse landbousektor steeds na die bekendstelling van ’n aantal innoverende metodes.
Hommeltuie (‘drones’)
Hommeltuie of OVS’s (Onbemande Vliegtuigstelsels) word suksesvol in boerderygemeenskappe gebruik en Suid-Afrika klim ook nou in. Hommeltuie is in staat om duisende hektaar per dag te ondersoek om betekenisvolle, werklike-tydsanalises d.m.v. ’n tablet aan die boer te verskaf. Daarby kan hulle gebruik word om beeste en vee te evalueer, plaagdoders te bespuit en selfs sade te versprei. Een maatskappy, DroneSeed, het ’n hommeltuig ontwikkel wat 800 sade per uur kan plant, iets wat een mens ’n hele dag sou neem.
Versekering
Die impak van klimaatsverandering kan nie onderskat word nie en Suid-Afrikaanse boere kyk daarna om hulself teen weerwisselvalligheid te verseker – ’n normal praktyk in lande soos die VSA. Weerinstrumente word vir individuele plase aangepas afhangende van o.a. die ligging, tyd en uitbetalingstruktuur.
Die naspeurbaarheid van vleis
Die Universiteit van die Vrystaat het ’n eersteklas vleisnaspeurbaarheidplatform ontwikkel wat inligting oor die groei en afmetings van ’n dier van ‘die kraal van die plaat’ stoor. Dit kan boere met produksiebesluite help, terwyl voerkraaloperateurs hoë-presterende diere kan identifiseer.
Die landbousektor floreer steeds in Suid-Afrika en die algehele tendens vir 2017 is gebaseer op volhoubaarheid, die vermindering van die sektore se koolstofvoetspoor sowel as die vervaardiging van hoë gehalte voedsel en produkte.
You must be logged in to post a comment.