Hoe grondbewerking die grond beïnvloed (mielies, soja, koring, ander rygewasse)
Grondbewerking is deur die eeue heen deel van landbouontwikkeling, van sy vroeë oorsprong d.m.v. hout- of metaalstokke, tot ploeë wat deur diere gesleep word en ons huidige kragtige grondbewerkingstoerusting. Grondbewerking is basies die omdraai van grond om onkruide en plae te beheer, om die grond vir gewassaaityd voor te berei, maar die doeltreffendheid daarvan is omstrede. Die debat is nie net beperk tot óf grondbewerking gedoen moet word nie, maar tot watter mate dit moet plaasvind.
Verskillende tipes grondbewerking
- Bewaringsbewerking beteken dat ten minste 30% van die grondoppervlak na gewasaanplanting deur oorblyfsels bedek is.
- Geen-grondbewerking (deel van bewaringsbewerking) laat die grond ongesteurd van oes- tot aanplanttyd, en bewerking vind eers plaas tydens die aanplanting d.m.v. die kouters of skyfoopmakers op die saadboor.
- Direkte boorstelsels (ook deel van bewaringsbewerking) is soortgelyk aan geen-grondbewerkingstelsels, behalwe dat sommige bewerkingsopsies in direkte boorwerk oorbly.
- Verminderde bewerking is ʼn minder intensiewe bewerkingsstelsel met minder ritte oor ʼn veld as konvensionele bewerking. Daar is 15% tot 30% dekking van oppervlakoorblyfsels nadat daar geplant is.
- Minimale-bewerking verminder hoofsaaklik die aantal grondbewerkings oor die veld om brandstof te bespaar.
Voordele van bewerking
Grondbewerking beïnvloed grond op ʼn aantal maniere en dus ook die algehele gewasproduksie. Oor die algemeen voel kundiges dat bewerking baie voordele het wat negatiewe gevolge kan oortref, solank dit nie te intensief in een spesifieke area is nie. Hier is ʼn paar van die voordele wat met grondbewerking verband hou.
- Grondbewerking verander die grondstruktuur ten gunste van agronomiese prosesse soos grondsaadkontak, wortelgroei en waterfiltrering.
- Grondbewerking kan uiters doeltreffend wees om onkruid- of plaaglewensiklusse te ontwrig, en gewasse d.m.v. hulle onderdrukking te laat floreer.
- Die beweging, oriëntasie en grootte van oorblyfsels d.m.v. grondbewerkingstoerusting minimaliseer die negatiewe effekte van oesbedekkings en oorblyfsels en bevorder sodoende alle voordelige uitwerkings.
- Grondbewerking verhoog die beligting van grond, wat die tempo van organiese materiaalontbinding verhoog, om gesonde gewasse te bevorder.
- Grondbewerking voorkom die verdigting van rotse en wortelgewasse deur dié twee items te help skei.
Nadele van bewerking
- Intensiewe grondbewerking kan die waarskynlikheid van gronderosie deur water- en winderosie as’t ware verhoog.
- Die verhoogde gronderosie laat toe dat voedingstowwe in nabygeleë waterweë afloop en skadelike kweekhuisgasse in die atmosfeer vrygestel word.
- Grondbewerking versnel dikwels die ontbinding van die grond se organiese materiaal wat op die korttermyn voordelig kan wees, maar op die langtermyn is dit skadelik vir die grondstruktuur. Hoe meer grond bewerk word, hoe meer koolstof word in die lug vrygestel en hoe minder koolstof is beskikbaar om organiese materiaal vir toekomstige gewasse op te bou.
- Grondbewerking van landbougrond vereis uiters baie energie met stygende arbeidskostes.
- Grondbewerkingstoerusting kos ook geld, beide wanneer nuwe items aangekoop word en vir hulle instandhouding oor jare. Dit word vererger wanneer boere in die verkeerde of foutiewe masjinerie belê.
- Gewasoorblysels, wat nie ʼn kans kry om tydens grondbewerking op te bou nie, bied skuiling en kos vir die natuurlewe, soos wilde voëls en klein diere, wat dikwels verdwyn met voortdurende grondbewerking.
Slotsom
Grondbewerking bied voordele om gewasse te verbeter, mits die grond met effektiewe grondbewerkingstoerusting en nie te lank intensief bewerk word nie. Dit is die moeite werd om die voordele van grondbewerking vir verskillende gewassoorte te evalueer, asook hoe dikwels en hoeveel enige spesifieke stuk grond bewerk moet word.
Kontak Radium Engineering vir meer inligting oor landboutoerusting. Met jare se kundigheid, ’n passie vir die landboubedryf en ’n toewyding daaraan om vooraanstaande implemente te vervaardig, is Radium Engineering jou toevlug vir al jou boerdery- en landboutoerustingsbehoeftes.
You must be logged in to post a comment.