As jy deel van die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap is en nog nie NAMPO bygewoon óf al daarvan gehoor het nie, is jy op die regte plek. Hier is alles wat jy sal moet weet oor hierdie opwindende handelskou, asook al die redes waarom jy dit móét bywoon.
Wat is NAMPO?
Die NAMPO Landbouhandelskou is ’n vier-daguitstalling wat alles vertoon wat met die landboubedryf te doen het, van vee tot rekenaars. Besoekers word ook bederf met praktiese demonstrasies van die verskillende implemente en masjinerie, ’n kenmerk wat NAMPO van enige ander expo onderskei. NAMPO Park het 80Ha grond wat met verskillende gewasse beplant is en spesifiek vir hierdie doel opsy gesit is, waardeur die boer landboukundige toerusting onder realistiese werksomstandighede kan sien en vergelyk.
Wanneer is NAMPO 2017?
NAMPO 2017 vind vanaf Dinsdag, 16 Mei tot Vrydag, 19 Mei 2017 plaas.
Waar word NAMPO 2017 gehou?
Die NAMPO Parkuitstallingsentrum is 16.6 km noord van Bothaville in die Vrystaat geleë.
Hoe kom jy by NAMPO 2017 uit?
Dit is maklik om NAMPO Park te vind sodra jy in Bothaville aankom. Ry noordwaarts op die R30 wat jou Bothaville neem. Sodra jy verby Pecan Farm aan jou regterkant is, kyk uit vir NAMPO Park wat ook regs net af van die R30 is. Die afstand vanaf Bothaville na NAMPO Park is 16.6 km – ’n reistyd van ongeveer 10 minute.
Wie stal by NAMPO 2017 uit?
NAMPO verwelkom jaarliks ’n toenemende aantal uitstallers a.g.v. positiewe verkoopsreaksies, die unieke demonstrasieprogram en die hoë aantal besoekers – insluitende leiers regoor die bedryf. Dit verseker dat alle sektore van die landbou-insetverskaffers verteenwoordig word.
Uitstallersprofiel:
- Trekker- en implementvervaardigers
- Besproeiingsbedryf
- Vervoerbedryf
- Chemiese bedryf
- Kunsmisorganisasies
- Finansiële instellings
- Voervervaardigers
- Uitbreidingsdienste
- Kommersiële sektore
- Landboukoöperasies
- Nutsdiensverteenwoordigers
- Veebedryf
Produkprofiel:
Trekkers, landbou-masjinerie, kommersiële voertuie, besproeiingstoerusting, pompe, kragopwekkers, navorsingsorganisasies, finansiële dienste, bank- en termynkontrakte, vervoertoerusting en materiaalhantering, chemiese produkte, voerstelselprodukte en -dienste, sade, suiweltoerusting en -produkte, vark-, pluimvee-, bees- en skaaptoerusting en -dienste, hidroponika, kunsmatige inseminasietoerusting asook dienste, produkte en IT tegnologie vir boerderye.
Watter demonstrasies sal by NAMPO 2017 plaasvind?
Die ongelooflike demonstrasies wat oor dié vier dae plaasvind, plaas die NAMPO Landbouhandelskou in ’n klas van sy eie. Dit sluit in:
- Interaktiewe trekker- en implementdemonstrasies
- Vertoning van stamboombeeste, -skape en suiwer-geteelde -perde
- Graan SA en Omnia Farmer se patente-demonstrasies
- 4×4-voertuigdemonstrasies
- “Quad”-demonstrasies
- Skaapskeer-, wolklassifikasie- en hanteringsdemonstrasies
- Toyota, Veeplaas en Graan SA Internasionale Jong Afslaerskompetisie
’n Hoogtepunt op die program is beslis die boerpatente-kompetisie waar boere wat toerusting as plaasoplossings uitgevind, ontwerp of aangepas het, genooi word om hierdie idees met mede-boere te deel. Geen gepatenteerde produkte kan ingeskryf word nie, maar die kompetisie bied aanloklike pryse in verskeie kategorieë.
Watter fasiliteite is by NAMPO Park beskikbaar?
NAMPO Park het ’n verskeidenheid fasiliteite wat ideaal geskik is vir ’n uitstalling van hierdie skaal. Uitstallers kan groot, oop of goedbedekte staanplekke gebruik. Alternatiewelik kan uitstallers hul eie staanplekke oprig. Daar is water-, krag-, kommunikasie-, restaurant- en ablusiegeriewe beskikbaar, en noodhulp- en brandweerdienste is ook deurgaans op bystand.
Die media word uitgenooi om die NAMPO Landbouhandelsentrum se moderne mediasentrum te gebruik, terwyl besoekers verseker kan wees van voldoende aanwysings d.m.v. doeltreffende aanwysings en inligtingsgidse. Dit is ook maklik om rond te beweeg op die goedgegradeerde voetgangerspaaie en rusareas onder skaduryke bome.
Uitstallers en besoekers het toegang tot ruim parkeerplek en ’n pendeldiens sal die NAMPO Park 2017-vertoonveld met die Bothaville-lughawe verbind. Die terrein het ook ’n helikopterlandingsarea en aanloopbaan naby die noordelike voertuigparkeerarea.
Die terrein se uitsonderlike spysenieringsfasiliteite beloof goeie kos teen billike pryse. Die restaurantfasiliteite bied baie verskeidenheid en die Fanie Ferreira-saal het plek vir 1 200 mense met 22 gespesialiseerde en algemene wegneemrestaurante, perfek vir diegene wat ’n ete wil gryp en aanbeweeg. Daar is ook ’n biertuin op die terrein en ’n teekamer wat drankies verkoop.
Wat is die toegangsgeld vir NAMPO 2017?
Kaartjies na NAMPO 2017 is aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za of by die hek. Parkering is gratis. Die hekke maak 7vm oop en sluit elke dag 5nm.
Die aanlyntoegangsfooie is:
R85 Dinsdag
R95 Woensdag
R95 Donderdag
R85 Vrydag
Die hektoegangsfooie is:
R50 Maandag (slegs vir uitstallers)
R100 Dinsdag
R110 Woensdag
R110 Donderdag
R100 Vrydag
NAMPO 2017 Vinnige Feite
- Die vee wat verteenwoordig word sluit 31 beesrasse, 10 skaaprasse sowel as 3 perdrasse perde en 6 bokrasse in.
- Die aantal uitstallers het van 516 in 2000 tot meer as 650 in 2015 toegeneem.
- Die aantal besoekers het van 50 400 in 2000 tot 69 584 in 2015 gestyg.
- Sowat 88% van besoekers woon NAMPO by om nuwe produkte te sien.
- Sowat 61% van die besoekers woon NAMPO by om produkte te koop.
- Die totale uitstalarea is 187 690m2.
- In 2009 was die uitstallersomsette R1 miljard.
You must be logged in to post a comment.