10 Goeie Praktyke vir Grondvrugbaarheid
Goeie grondvrugbaarheid is jou sleutel tot beter plantegroei en dus beter oesopbrengste. Jou grond se vrugbaarheidsvlakke kan maklik agteruitgaan as jy nie vinnig die regte praktyke en ingrypingsmaatreëls aanwend nie. Maak híérdie praktyke deel van jou boerdery en voorkom swak grondvrugbaarheid en groot produksieverliese.
Grondtoetsing
Jy kan nie goeie grondvrugbaarheidspraktyke aanneem sonder om eers die kwaliteit van jou grond te bepaal nie. Dit is dus belangrik om eers die stikstof-, kalium- en fosforvlakke, sowel as die pH-vlak te toets om te bepaal wat jy op jou hande het. As jy jou grond se voedingsvlakke verstaan, kan jy die regte stappe neem en verbeterde opbrengste verseker. Gereelde grondtoetse is egter noodsaaklik om enige fundamentele grondveranderings, wat die gewasse kan beïnvloed, op te tel.
Groei peulgewasse
Graanpeulgewasse is ʼn bekende grondvrugbaarheidsbevorderaar, deur ʼn proses wat bekend staan as biologiese stikstofvaslegging. Of dit nou gegroei word as peulvrugte vir graan, mis, weidings- of boomkomponente, hierdie plante vorm die grondslag vir alle volhoubare boerderystelsels deur stikstofuitloging te voorkom.
Bedek gewasse
Deur oesgewasse met organiese materiaal te bedek, verbeter jy die grondstruktuur en bevorder sodoende gesonde en vrugbare grond. Basies belug die dekkingsgewas die grond terwyl die wortels groei en sterf, en hou vas aan water en voedingstowwe om te voorkom dat hulle uit die bogrond uitlek. Daarbenewens verskaf hulle voedsel en ʼn habitat vir belangrike grondmikro-organismes wat grondvrugbaarheid verder bevorder.
Organiese bemestingstowwe
Organiese bemestingstowwe word uit plant- en diere-oorskot gevorm, wat die belangrike komponente stikstof, fenole en lignien bevat. Dit is die beste kunsmisopsie as jou grondvrugbaarheid veel te wense oorlaat. Kunsmistoevoeging verhoog die grondvoedingstowwe en verseker ʼn gesonde opbrengs van voedsame gewasse. Misstowwe is egter ʼn tydelike metode en kan die omgewing skade aandoen as dit nie behoorlik gebruik word nie. Wend eerder ander grondvrugbaarheidsbevorderende tegnieke aan en vermy toekomstige gebruik.
5. Erdwurms
Elke boer weet dat die teenwoordigheid van erdwurms gesonde grond aandui. Hierdie makro-organismes speel ʼn sleutelrol in om grondvoedingstowwe te herwin en hul beskikbaarheid aan plante te verhoog. Daarbenewens voed hulle op dooie en verrottende materiaal, en verteer en skei dit uit as voedingsryke mis. Wurmkompostering (die groei van erdwurms in organiese afval), word al hoe meer algemeen aangesien hulle die komposproses versnel.
6. Dien kalk toe
As jou grond te suur is, is dit dalk tyd om kalk toe te dien om die grond te neutraliseer en só die optimale pH-omvang van 5.5 tot 6.5 te bereik. Enigiets buite hierdie veld kan plante ernstig beskadig a.g.v. nutriënttekorte en giftigheid.
7. Kompos
Kompos verbeter jou grond se vrugbaarheid aansienlik, en jy kan organiese kompos van ʼn winkel byvoeg, of jou eie onderhou. Kompos is vol organiese voedingstowwe en die samestelling van kompos wat behoorlik ryp is, verbeter die waterdreinering en belugting in omtrent elke tipe grond. Niks word vermors met kompos nie – blare, plantdele, mis en alle ander organiese materiaal sal die plante voed. Dit help ook om grondverdigting te voorkom, wat weer waterbeweging aanmoedig.
8. Voeg melk by kompos
Vir aanhouende grondvrugbaarheid, is dit ʼn goeie idee om jou eie komposhoop te skep.’n Handige wenk is om melk by die hoop te voeg. Melk (veral rou en onbehandeld) is ʼn natuurlike swamdoder en medium-sterkte insekdoder omdat insekte nie die suikers in melk kan verteer nie. Dit verbeter ook die grond se vermoë om lug en water te absorbeer, terwyl dit die voordelige mikrobebevolkings verhoog.
9. Voeg mis by
Veemis is ʼn fantastiese oplossing vir lae stikstofvlakke in jou grond. Wend mis egter sorgvuldig aan vir ingeval daar siektes in die mis is. Laat drie maande toe tussen mistoedienings en die oes van enige wortelgewasse of blaargroente, om besmetting te verhoed.
10. Gebruik afvalwater
Afvalwater bevat die meeste noodsaaklike elemente vir grond in die regte hoeveelhede. As jy afvalwater vir verbeterde grondvrugbaarheid gebruik, mors jy ook minder water, wat noodsaaklik is in die huidige klimaatkrisis.
Kontak Radium Engineering vir meer inligting oor landbou- en grondbewerkingstoerusting. Met jare se kundigheid, ’n passie vir die landboubedryf en ’n toewyding daaraan om vooraanstaande implemente te vervaardig, is Radium Engineering jou toevlug vir al jou boerdery- en landboutoerustingsbehoeftes.
/ENDS
BRONNE: https://www.iaea.org/topics/improving-soil-fertility
http://www.infonet-biovision.org/EnvironmentalHealth/How-improve-soil-fertility
http://waldenlabs.com/five-simple-ways-to-improve-soil-quality/
http://www.farmersweekly.co.za/conservation-agriculture/grass-soil-fertility/
http://www.farmersweekly.co.za/farm-basics/how-to-crop/organic-fertiliser-boosts-soil-fertility/
Why do farmers use fertilizers?
http://www.motherearthnews.com/organic-gardening/8-steps-to-make-better-garden-soil-zmaz07jjzsel
https://www.smilinggardener.com/organic-soil-management/improve-soil-fertility/
You must be logged in to post a comment.