Radium Engineering bied ’n verskeidenheid toerusting met die doel om die landbou- en boerderysektore die beste boerderytoerusting op die mark te bied. Radium se masjiene is kundig ontwerp en volgens streng spesifikasies vervaardig.
Behalwe om boerderytoerusting en -masjiene te verkoop, hou die Radiumspan tred met boerderyverwante nuus en tendense, en is altyd die eerste om te weet van tegnologiese innovasies en vooruitgang. ’n Mens kan op die Radium Engineering-span staatmaak vir insig en raad oor die landbou en landbouverwante aangeleenthede, maak nie saak watter tipe plaas jy het nie.
Kosie Opperman is ’n meganiese ingenieur by Radium en hou toesig oor die ontwerp en ontwikkeling van produkte. Sy dag-tot-dagtake sluit in: die bestel van lasersnitte vir die masjiene, die ontwerp en ontwikkeling van nuwe boerderytoerusting, asook die opgradering van bestaande toerusting.
Shaun Westraadt ontwerp ’n nuwe reeks beitelploegimplemente waar spesiale hoogte- en breedtebeperkings in ag geneem moet word, sodat masjiene per pad vervoer kan word.
Hulle deel hul gedagtes oor hoe om die regte produkte vir boerdery in Suid-Afrika te kies.
Links: Kosie Opperman. Regs: Shaun Westraadt
Die NAMPO Expo 2016
NAMPO is die grootste landbou-ekspo in Suid-Afrika. Die geleentheid lok duisende mense na die interessante uitstallings. Hulle kom ook om oor tendense en innovasies in die landboubedryf te leer en om te luister na gedagte-leiers, soos Radium, wat spesialiseer in boerderytoerusting. Die NAMPO ekspo is veral belangrik vir Radium, wat al die afgelope veertig jaar hul kundigheid bydra en boere wêreldwyd in hul boerdery en landboubeywerings help. Vanjaar (2016) was nie anders nie.
Vir Kosie bied NAMPO die geleentheid om op hul produkte te verbeter. Kliënte en uitstallers is waardevolle bronne van inligting, want hulle het hul eie idees oor wat hulle met sekere produkte kan bereik, en hulle gee terugvoer en bespreek probleme wat hulle ondervind met hul boerdery. Op hierdie wyse versamel Radium idees wat tot produkinnovasies kan lei.
NAMPO 2016 was die eerste jaar wat Shaun hierdie opwindende ekspo bygewoon het en hy sê hy het dit baie insiggewend gevind. Hy is blootgestel aan ’n verskeidenheid landboumaatskappye, maar die hoogtepunt was om te sien hoe Radium se indrukwekkende masjiene by hul stalletjie vertoon word.
Druk wat Suid-Afrikaanse boere tans in die gesig staar
Boerdery is nie ’n maklike beroep nie. Elke dag bring nuwe uitdagings en druk. Kosie beskryf die politieke onsekerheid wat Suid-Afrikaanse boere vandag in die gesig staar, en wat vrees vir die toekoms skep. Daarbenewens plaas vanjaar se rekord-slanende droogte nog meer finansiële druk op boere.
Shaun stem saam: “Droogte en watertekorte in die land raak die oesopbrengs vir boere negatief, terwyl die politiek op die bedreiging van SA boere dui omdat boere hul plase deur grondonteiening kan verloor.”
Die manne bespreek masjiene
Kosie en Shaun vertel ons van Radium se nuwe 20 Ton Hydroliese Strooier. Hulle beskou dit as die “Mercedes Benz” van masjiene, en sê dit is die gesogste stuk toerusting vir elke boer om in sy arsenaal te hê.
Kosie sê dat dit nie saak maak watter tipe plaas jy het nie, of dit nou wyn, melk, koring of mielies is, ’n boer moet altyd ’n trekker, wa en bossiekapper hê. Boere kan kappers gebruik om paaie skoon te maak of om bestaande paaie in stand te hou. Hulle kan waens gebruik om rommel weg te ry en trekkers om kappers en waens te trek. Hierdie drie stukke toerusting skep die basis vir doeltreffende boerdery.
Shaun sê ook dat ’n trekker die eerste klassieke boerderymasjien is wat elke boer moet besit, omdat hy dit sal gebruik om ander plaastoerusting te trek of te stoot. Shaun stem saam met Kosie dat die kapper die tweede stuk toerusting is wat ’n boer moet koop, want hy sal struike en bosse moet afkap en verwyder wanneer lande voorberei word om gewasse op te plant. ’n Kapper is ook nuttig vir die skoonmaak van grond om weiruimte vir diere te maak.
Beide is gevra is wat die gesogste boerderymasjien is, naamlik die “Mercedes Benz” van alle masjiene. Kosie het geantwoord dat dit Radium se nuwe 20 Ton Hidrouliese Strooier is. Hierdie keur strooier is enig in sy soort en ook voor al sy mededingers in Afrika.
Shaun was dit nie ’n maklike besluit nie; hy kon nie kies tussen die 20 Ton ProSpread en die PowerRip of ZoneTill reeks nie.
Shaun het ons ook vertel van Radium se nuwe 20 Ton Hydroliese Strooier wat verlede jaar (2015) bekendgestel is.
Die 20 Ton Hydrauliese Strooier kom met ’n verskeidenheid unieke eienskappe wat groter dravermoë vir kunsmis, kalk of organiese materiaal toelaat. Dit het ’n tandem-wielstelsel, wat toelaat dat die gewig van die stooier meer eweredig oor sy wiele versprei word. ’n ISOBUS enkel-of dubbelkanaalstel beheer die kettingvervoerband- en draaierspoed, wat die gebruiker toelaat om die tempo en patroon van verspreiding aan te pas. Daarbenewens het die 20 Ton Hydrauliese Strooier ’n spreilig- en kamerapakket wat vervoer op nasionale paaie, asook in die donker, toelaat.
Wat kan ons van Radium in die komende jare verwag?
Gedurende die NAMPO skou is Radium se nuwe ‘In-line Compact Disc’ uitgestal. Kosie sê dat hierdie masjien ontwerp en vervaardig is volgens kliënte-terugvoer oor hul huidige behoeftes. “Ons is baie opgewonde om die resultaat van hierdie ontwerp te sien, en die eerste paar masjiene is al verkoop en word gebruik. Dit is die eerste reeks van ’n beplande familie van reekse van die ‘In-line Compact Disc’.”
’n Laaste woord van die manne by Radium – raad vir boere oor die aankoop van toerusting
“Die kwaliteit van ’n masjien is ’n baie belangrike aspek om te oorweeg vir elke boer wat plaastoerusting wil aankoop. ’n Produk van goeie gehalte sal sy koste oortref. Dit geld nie net vir landboutoerusting nie, maar vir meeste produkte. Ondersoek altyd die vermoëns en reputasie van masjiene, asook hul maatskappye, deeglik. Dit is baie belangrik om in gedagte te hou wat jy wil bereik met die produk wat jy wil koop.” – Kosie
“Koop sterk boerderytoerusting wat jou dekades lank sal hou, nie net ’n jaar of twee nie. Kies ook ’n gereedskapsverskaffer wat die beste moontlike diens lewer, wat ’n langdurige verhouding met jou as hul kliënt sal bou, en wat gereeld opvolg oor die werksverrigting van die toerusting wat jy gekoop het, soos wat dit op jou lande gebruik word. Maak seker dat die maatskappy van wie jy jou toerusting aankoop bereid is om enige foute reg te stel wat op jou toerusting kan ontstaan terwyl dit op jou lande gebruik word.” – Shaun
As jy graag vir Kosie of Shaun wil kontak om hulle raad te vra oor Radium Engineering se toerusting, bel hulle op +27 (0) 12 719 9062/9063/9060.
You must be logged in to post a comment.