fbpx
QUESTIONS? CALL: +27 12 719 9062

Radium Engineering

Radium Engineering

Agricultural Equipment & Implements

T | +27 12 719 9062/9063
Email: sales@radium.co.za

Radium Engineering
30 Third Street Babelegi North West Province South Africa 0407

Open in Google Maps
  • Radium Engineering
  • About
    • The Company
    • Terms & Conditions
  • Products
    • Tillage Equipment
      • Dual Tine Ripper
      • Powerrip
      • Zonetill
      • Pasturator
      • High Speed Inline Compact Disc
      • Powertill
    • Rock Removal Equipment
      • Rock Pickers
      • Windrower
    • Road Graders
      • 3 Point Grader
      • Agri Grader
      • Uni Grader
      • Universal Grader
    • Rotary Cutters
      • Schulte Fixed Knife Technology
      • Schulte Flex Wing Rotary Cutter
    • Feeding Equipment
      • Horizontal Feed Mixers
      • Vertical Feed Mixers
    • Spreading Equipment
      • Prospread
      • Compacspread
      • Bulkspread
      • Econospread
  • After Sales Service
  • Events
    • NAMPO
  • Resources
    • Product Details
    • Product Video
    • Blog
  • SA Warriors
  • Contact Us
FREEQUOTE
  • Home
  • Uncategorized
  • Die Voordele van ’n Familiebesigheid
May 24, 2022

Die Voordele van ’n Familiebesigheid

Die Voordele van ’n Familiebesigheid

by admin / Friday, 07 October 2016 / Published in Uncategorized

In elke familiebesigheid is daar ’n patriarg or matriarg wat die maatskappy begin het, vasgebyt het, hard gewerk het, en dit in ’n besigheid omskep het wat suksesvol genoeg is dat dit vir generasie na generasie kan volhard. John Roest is Radium Engineering se patriarg.

Radium het in 1965 op John se plaas posgevat toe hy ’n veeskaal gebou het om aan sy unieke vereistes te voldoen. Buurboerderye het die vernuftige idee raakgesien en binnekort wou hulle ook hierdie doeltreffende en eenvoudige implement op hul eie plase inspan. John Roest se veeskaal is gepatenteer, en in 1976 is Radium Engineering gestig. Vandag is Radium ’n toonaangewende verskaffer van innoverende en betroubare plaasmasjiene en -toerusting, onder die leierskap van Mike Roest, die seun van John Roest.

Met die hulp van Gareth en Grant, die derde generasie Roest familie wat by die maatskappy betrokke is, het Radium Engineering sy plaastoerusting na buurlande in Afrika, asook na boerderygebiede oorsee, versprei. Radium se reuse sukses in die plaastoerustingbedryf  het tot die maatskappy se groei bygedra, en hulle neem tans meer as 100 goedopgeleide en gespesialiseerde personeellede in diens.

En dit het als begin met een man en sy ongekompliseerde veeskaal.

Indien jy dit oorweeg om, nes John Roest, ’n familiebesigheid te begin, kyk na hierdie wonderlike voordele wat vir jou wag as jy saam met jou familie werk.

Doeltreffendheid

’n Briljante besigheidsidee kan enige tyd van die dag of nag by jou opkom. Aangesien jy by jou familielede is, kan julle dadelik die idee saam uitbrei en strategies uitdink. Die voordeel is verhoogde doeltreffendheid, ’n baie belangrike aspek vir enige suksesvolle besigheid want “tyd is geld”.

Eenheid

Families het dieselfde belangstellings en besigheidsdoelwitte. Hulle wil saam groot hoogstes bereik, en daar is dus geen verskuilde agenda of kantoorpolitiek nie. Dis natuurlik nie te sê dat families nooit oor sekere besluite of besigheidspraktyke verskil nie, maar die einddoel is altyd om die familiemaatskappy en -handelsmerk te verbeter en uit te bou.

Vertroue

Vertroue is noodsaaklik om ’n besigheid te ontwikkel. Die mense wat jy normaalweg in jou vertroue neem is meerendeels jou familie. Vertoue word ’n sleutelfaktor wanneer jy besig met ’n besigheidsooreenkoms is. Jy moet doodseker wees dat niemand enige inligting aan jou besigheidsmededingers sal onthul nie.

Loyaliteit

Wanneer jy ’n familiebesigheid bestuur, beteken dit jou ‘werknemers’ of sakevennote sal loyaal bly. Die gesegde “bloed is dikker as water” sal tot sy reg kom, aangesien familielede meer geneig is om saam te staan en saam sukses te bereik. Familielede sal meer verbind wees aan die besigheid as vreemdelinge.

Stabiliteit

’n Familiebesigheid het ’n leier, gewoonlik ’n patriarg of matriarg. Die leierskapposisie berus oor baie jare in hierdie persoon, teensy ’n “abdikasie” nodig is a.g.v. siekte, uittrede, ongeskiktheid, of die dood. Die patriarg of matriarg se gesag word selde bevraagteken of uitgedaag, en famlielede weet wat hulle rolle behels. Die resultaat is ’n stabiele en doeltreffende besigheid wat ’n grondslag vir toekomstige geslagte bou.

Buigsaamheid

Familiebesigheide maak buigsaamheid moontlik. Daar sal selde ’n familielid wees wat sê, “Dit is nie my posbeskrywing nie.” Wanneer ’n familie saamwerk, is elke lid gewillig om te doen wat nodig is om sukses te behaal, selfs al beteken dit dat hy of sy geringe take moet aanvat. Familiebesigheide mag ook meer toegeeflik teenoor werkskedules en meer verdraagsaam teenoor ’n persoonlike krises wees. Hulle mag ook meer vergewinsgesind wees wanneer iemand ’n fout maak.

Verminderde koste

Koste mag dalk ook verminder word wanneer ’n besigheid aan ’n familie behoort. Familielede is meer geneig om begrip te hê wanneer geld min is en mag gewillig wees om laer salarisse te neem om die langtermyn sukses van die besigheid te verseker.

Het jy geweet dat baie bekende maatskappy in werklikheid familiebesighede is? Hulle sluit top internationale en plaaslike handelsmerke in.

Internasionale familiebesighede

  • Nike
  • Samsung
  • Walmart
  • Ford
  • BMW
  • Peugeot
  • Toyota
  • New York Times
  • Gap
  • Marriott International
  • Estée Lauder
  • Levi Strauss
  • Missoni

Suid-Afrikaanse familiebesighede

  • Pick n Pay
  • De Beers
  • Weigh-less
  • Nando’s
  • Remgro

Share this:

  • Twitter
  • Facebook
  • Print
  • LinkedIn
  • Reddit
  • Tumblr
  • Pinterest

Like this:

Like Loading...
0

About admin

What you can read next

Die vreemdste boerdery bygelowe en gebruike
Radium Engineering rol vir Departement Agronomie ’n ‘klip uit die pad’
To till or not to till? Understanding the pros and cons of tillage practices on your farm

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

GET A FREE QUOTE

Fill in this form and we will get back to you as soon as possible.

MENU

  • Radium Engineering
  • About
  • Products
  • After Sales Service
  • Events
  • Resources
  • SA Warriors
  • Contact Us
Radium Engineering

GET IN TOUCH

Contact Us

T | +27 12 719 9062/9063

F | +27 12 719 9064

E | sales@radium.co.za

PHYSICAL ADDRESS
30 Third Street
Babelegi
North West Province
South Africa
0407

POSTAL ADDRESS
Private Bag X2008
Hammanskraal
Gauteng
South Africa
0400

  • GET SOCIAL
Radium Engineering

© 2019 All rights reserved.

TOP
Manage Cookie Consent
We use cookies to optimize our website and our service.
Functional Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes. The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.
Manage options Manage services Manage vendors Read more about these purposes
Preferences
{title} {title} {title}

WhatsApp us

%d bloggers like this: