
Radium Engineering verskaf al innoverende en betroubare boerderytoerusting aan boere regoor Suid-Afrika sedert sy ontstaan in 1976. Radium Engineering vervaardig sy toerusting volgens streng riglyne en standaarde om te verseker dat boere die hoogste gehalte baanbreker toerusting ontvang. Ons verkoop slegs uitsonderlike toerusting om boerderymetodes en praktyke te verbeter, en bly ook aan die voorpunt van landbou-ingenieurswesenavorsing en -ontwikkeling; wat verseker dat ons ’n vinger op die pols van al die nuutste tendense het. Wanneer jy ’n Radium Engineeringproduk koop, belê jy in die beste wat geld kan koop, want die behoeftes van plaaslike en buitelandse boere was nog altyd ons maatskappy se kerndoel. Met jare se waardevolle ondervinding en kundigheid in die landboubedryf, kan jy verseker wees dat ons die antwoord bly op elke boer se landboubenodighede, ongeag die tipe boerdery-aktiwiteit.
Hoe om toepaslike toerusting te kies vir jou plaas
Boere moet besluit watter toerusting, in die vorm van masjiene en gereedskap, die beste geskik is vir die behoeftes van hul plaas. Met so baie masjiene om van te kies, elk met verskillende spesialisvermoëns, kan dit moeilik wees om ’n finale besluit te neem. Daar is egter drie Radium produkte waaruit enige tipe plaas sal baat, of jy nou ’n skaapboer in die Karoo, ’n mielieboer in die Vrystaat, ’n koringboer in die Swartland, of die eienaar van ’n wingerd in Stellenbosch is.
Die ProCut Swaailemsnyer
Die koste-effektiewe ProCut swaailemsnyer is ’n uitstekende voorbeeld van Radium Engineering se ontwerpsfilosofie. Dit is spesifiek ontwerp om onderhoud en ligte werk moeiteloos te hanteer, sodat boere hul tyd op ander belangrike take kan spandeer. Vir riffelplaaspaaie en slaggate of waar plantegroei skoongemaak moet word om ’n pad te maak, is die ProCut swaailemsnyer die ideale implement om die werk vinnig en doeltreffend af te handel. Die ProCut swaailemsnyer werk ook briljant wanneer hooi opgestapel word.
Eienskappe
- Ultra stewige raam- en liggaamskonstruksie – beskerm die operateur van vlieënde voorwerpe.
- Verstelbare glyplate – hou die materiaal vir ’n langer tydperk met ’n verhoogde deklaagbewerkingseffek.
- Verstelbare haakplekke – laat die operateur toe om die haakplekke tot 150mm van die middel af te beweeg.
- Bewegende haakplek – hou die masjien reguit en gelyk.
- Swaar dryflyn – skep ’n lae onderhoudsoplossing sonder menslike foute.
- Boute – anti-roterende weerstand.
- Dekring – voorkom dat die lemme styg wanneer struikelblokke teëgekom word en help ook met materiaalvloei
Vind meer uit oor die ProCut swaailemnsyers.
Die Schulte Kliphark
Met die beste hulpbronne, kennis en vaardighede tot hul beskikking, oortref Radium Engineering ander landboutoerustingsvervaardigers in Suid-Afrika by verre. Soms kan ’n masjien egter so gespesialiseerd wees dat Radium Engineering kragte saamsnoer met internasionale verskaffers, soos die wêreldbekende Kanadese landboutoerustingsvervaardigers Schulte, om Suid-Afrikaanse en buitelandse boere met die beste toerusting te voorsien wat in die wêreld beskikbaar is. Radium Engineering voer ’n keur Schulte-masjiene in – onder meer die Klipopteller en Kliphark. Die Kliphark is ’n nuttige versamelaar van klein tot medium klippe wat daarna in netjiese rye opgehoop word, gereed om deur ’n Klipopteller opgetel te word. Die Kliphark is ook ideaal om wortels, boomstompe, klein stompe en ander puin op te tel, wat verstrooi word wanneer landerye skoongemaak word. Die Kliphark het ’n roterende-bewerkingsaksie, wat kluite opbreek en die grond gelykmaak, en sy tandlengte verhoog sy vermoë om grond te fynkam en rotse te hark. As jy lande moet gelykmaak en ontslae raak van rotse daarop, dan is die Kliphark die mees lewensvatbare opsie.
Eienskappe ·
- Ultra-smal vervoerbreedte – laat maklike vervoer van veld na veld toe.
- Windry 5-69cm rotse – skep uniforme rye en en ’n skoon, gelyke veld.
- Swaar PTO dryflyn – beskerm teen oormatige skokke.
- Ingeslote finale aandrywingsketting – sorg vir ’n langer dienslewe.
- Swaar klipharkdrom – vervaardig uit ’n swaar muur hoë materiaalsterkte staalpyp.
- Harde-oppervlak tande – skep probleem-vrye werking, selfs in moeilike omstandighede.
- Dromspeed – verminder tot 117rpm van 540rpm.
Vind meer uit oor die Kliphark.
Die Schulte Klipopteller
Jy spaar jouself hope moeite en harde arbeid wanneer jy die Klipopteller vir jou boerderyarsenaal kies. Elke boer kan getuig van die vernietigende uitwerking wat rotse op eg-, oes- en snytoerusting kan hê. Deur te belê in die Schulte Rock Picker, spaar jy spaar jouself die moeite om rotse met die hand te verwyder en jy verhoed skade aan jou landboumasjiene en -toerusting. The Klipopteller doen presies wat die naam sê – dit tel geharkte rotse op en vervoer hulle van die veld af. Die Schulte Klipopteller het tandstawe, wat met ’n veerpunt werk wat strek om die skok te absorbeer wanneer daar ‘n groot rots opgetel word. The Klipopteller is gebou om rotse van 5 cm tot 69cm in deursnit op te tel, en plaas dit in netjiese rye.
Eienskappe
- Ekstra-lang sleepstang – verbeter optelvermoë.
- Die vloeibeheerstelsel – help om die vingertolspoed te beheer.
- Hoë verrigting hidroliese motor – demp skokvragte op die vingertol.
- Duursame, getapse Y-yster sifvingers – elimineer verstopping terwyl dit grond sif.
- Swaardiens tandbalkvere – hou die tandbalke stewig in plek en demp skokvragte.
- Swaar bande – verskaf bostaande flotatie en dra weerstand
- Vingertol met ’n hoë uitskopklaring – lewer uitstekende verrigtingsprestasie om alle rotsgroottes te versamel.
- Vangbak met sifbodems – laat toe dat grond uit die rotse gesif word.·
- Swaar sifvingers en vingertol – versterk met 450 staal en vervangvare siftande.
Vind meer uit oor die Klipopteller.
Enige boer kan op Radium Engineering staatmaak om toonaangewende toerusting te voorsien wat benodig word om suksesvol te boer en ’n goeie bestaan uit landbou te maak.
You must be logged in to post a comment.