QUESTIONS? CALL: +27 12 719 9062

Radium Engineering

Radium Engineering

Agricultural Equipment & Implements

T | +27 12 719 9062/9063
Email: sales@radium.co.za

Radium Engineering
30 Third Street Babelegi North West Province South Africa 0407

Open in Google Maps
  • Radium Engineering
  • About
    • The Company
    • Terms & Conditions
  • Products
    • Tillage Equipment
      • Dual Tine Ripper
      • Powerrip
      • Zonetill
      • Pasturator
      • High Speed Inline Compact Disc
      • Powertill
    • Rock Removal Equipment
      • Rock Pickers
      • Windrower
    • Road Graders
      • 3 Point Grader
      • Agri Grader
      • Uni Grader
      • Universal Grader
    • Rotary Cutters
      • Schulte Fixed Knife Technology
      • Schulte Flex Wing Rotary Cutter
    • Feeding Equipment
      • Horizontal Feed Mixers
      • Vertical Feed Mixers
    • Spreading Equipment
      • Prospread
      • Compacspread
      • Bulkspread
      • Econospread
  • After Sales Service
  • Events
    • NAMPO
  • Resources
    • Product Details
    • Product Video
    • Blog
  • Contact Us
FREEQUOTE
  • Home
  • Uncategorized
  • Die Organiese Bedryf en sy Impak
August 15, 2022

Die Organiese Bedryf en sy Impak

Die Organiese Bedryf en sy Impak

by Craig Stone / Monday, 13 March 2017 / Published in Uncategorized

Daar is ’n groot neiging na die koop en verkoop van organies-gegroeide vleis en vars produkte soos wat die wêreld al hoe meer bewus en besorg raak oor wat in ons kos ingaan. Suid-Afrika se landboubedryf is vasgevang in die organiese beweging, wat besig is om een ​​van die vinnig-groeienste segmente in die plaaslike voedselsektor te word. En volgense projeksies sal dit aanhou groei. Hier is ’n uiteensetting van die plaaslike organiese bedryf en die impak daarvan op die landbou.

  1. Wat is die organiese bedryf?

Die Suid-Afrikaanse organiese bedryf het 250 gesertifiseerde plase regoor 45 000 hektaar grond, wat 0,05% van die land se totale landbou-area uitmaak. Die plaaslike mark, asook omliggende Suider-Afrikaanse state, is redelik afhanklik van die organiese bedryf in Suid-Afrika.

Maar wat presies is organiese boerdery? In wese is dit die vervaardiging van goedere in harmonie met die natuur, sonder om skadelike chemikalieë en genetiese manipulasie te gebruik. In stede daarvan, is die produk se groei afhanklik van bestaande ekologiese prosesse en biodiversiteit, wat innovasie en wetenskap kombineer tot die algehele voordeel van al die betrokke elemente. Organiese boerderymetodes sluit die volgende in: biologiese insekdoders, beplanting om insekte aan te trek wat ongewenste peste kan afweer, en die afwisseling van gewasse tussen lande.

In veeboerdery behels organiese boerdery ook chemiese-vrye grond en water, en bevorder ook goeie, natuurlike dierewelsyn in die teling, grootmaak en hantering van die diere.

  1. Organiese boerdery van vars produkte

Organiese boerdery is ’n delikate ekologiese balans wat met verhoogde grondvrugbaarheid begin en bevorder word deur kompos, dekgewasse, wisselbou, bemesting en deklaagbewerking sonder chemiese middels te gebruik. Deur die grond te voed, voed die boer in wese die plante en bereik só die perfekte balans mikrovoedingstowwe in gesonde plante. ’n Goeie grondstruktuur beteken ook dat die water beter filtreer en behou word om die gevolge van erosie teen te werk. Boere moet stadig te werk gaan om organiese bedryf metodes aan te neem, want daar sal lae onbrengste en meer onkruid wees as die plaag- en onkruiddoders heeltemal verwyder word. Hierdie proses kan tot drie jaar neem.

  1. Organiese vleisboerdery

Die vleis van die organiese veelandbousektor word as hoë gehalte geag, en vereis weiding in ’n natuurlike plaasomgewing asook die goedhartige behandeling van diere. Sertifiseringsvlakke word behaal indien die vleis vry is van enige chemikalieë, antibiotika en hormone, en apart gestoor word. In die organiese bedryf, diere leef in harmonie binne hul omgewing en die werksomstandighede van organiese boere is baie beter as dié wat met gifstowwe te doen kry.

  1. Sertifisering en ondersteuning

Daar is twee sertifisering agentskappe in Suid-Afrika, Afrisco en Ecocert. Afrisco, wat verbonde is aan Ecocert, is in die proses om ISO-geakkrediteerd te word, wat dit sal bemagtig om EU-sertifisering te voorsien. Die Organiese Landbouvereniging van Suid-Afrika (OLVSA) en die Biodinamiese Landbouvereniging van Suid-Afrika (BLVSA) is nie-winsgewende organisasies wat die organiese landbousektor in die land bystaan.

Enige gesertifiseerde organiese produk is van ’n plaas wat deur ’n onafhanklike, spesialissertifiseringsagentskap geïnspekteer is. Die oorgang na ’n organiese plaas kan sowat drie jaar neem, waartydens produsente kan sê hulle is ‘organies in omskakeling’. Enige sertifiseringsprogram moet op aanvraag hul standaarde kan voorsien en sal gewoonlik aan die Internasionale Federasie van die Organiese Beweging (IFOAM) se standaarde voldoen.

Vereistes van gesertifiseerde organiese produkte:

  • Geen skadelike chemikalieë is vir drie jaar gebruik nie.
  • Die boer hou gedetailleerde verslae van hul praktyke en het ’n aangetekende ouditspoor.
  • Die boer gebruik ekologies-vriendelike metodes en stowwe om die grond te verbeter en peste te beheer.
  • Die plaas het jaarlikse sertifiseringsinspeksies.
  1. Voordele van die oorgang na organies

Dit is ’n tydrowende en soms duur oorgang, maar die oorgang na organiese boerdery hou baie voordele in, veral in die ontluikende mark. Die eerste verbetering wat baie boere opmerk is dat die grond sagter en minder gekompakteer is. Hulle gewaar ook meer voordelige insekte en voëls, en onkruid wat opduik – alhoewel dit gewasopbrengste waarskynlik nie soos verwag sal beïnvloed nie. Sonder die gebruik van giftige chemikalieë, sal die boer en werkers se gesondheid verbeter en daar is ’n laer risiko van lewensbedreigende siektes. Alhoewel aanvanklike uitgawes duur kan wees, is daar minder insetkostes met organiese boerdery, wat die algehele finansies sal verbeter. Nog ’n massiewe voordeel van die organiese bedryf is dat mense met geen vorige landbou-ondervinding die metodes maklik kan aanleer. Dit bemagtig mense wat hoofsaaklik in die platteland leef om bestaansboerderytuine teen ’n lae koste te skep.

  1. Uitdagings van die oorgang na organies

Oor die algemeen is die grootste uitdaging om jou denkwyse na organies te verander, veral vir boere deur finansiële aansporings gedryf word. As boere nie in die algehele omgewingsvoordele van organiese boerdery belê nie, kan hulle dalk voor die drie-jaar merk opgee. Maar diés wat deurdruk behoort groot voordele teen die vierde of vyfde jaar te sien.

Een van die grootste kritiek teen organiese boerdery is dat dit nie massiewe opbrengste kan skep nie, maar dit is net in die kort termyn waar. Met verloop van tyd is organiese produksie baie meer bestendig en omgewingsvolhoubaar en dit bevorder ook plaaslike ekonomieë.

Vir meer inligting oor organiese boerdery en landboutoerusting, kontak Radium Engineering. Met jare se kundigheid, ’n passie vir die landboubedryf en ’n toewyding daaraan om vooraanstaande implemente te vervaardig, is Radium Engineering jou toevlug vir al jou boerdery- en landboutoerustingsbehoeftes.

About Craig Stone

What you can read next

Die vreemdste boerdery bygelowe en gebruike
Notable agricultural figures throughout history
7 Vrae vir jou landboutoerustingverskaffer

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SEND YOUR INQUIRY HERE
*
*
*
*
*
*
*

MENU

  • Radium Engineering
  • About
  • Products
  • After Sales Service
  • Events
  • Resources
  • Contact Us
Radium Engineering

GET IN TOUCH

Contact Us

T | +27 12 719 9062/9063
F | +27 12 719 9064
E | sales@radium.co.za

Kudzi (Regional) +27 72 927 1373
Candice (Internal) +27 72 438 9919
John (National) +27 83 660 1275
Shannon (National) +27 76 687 1339
Jairus (Spares) +27 79 690 4546

PHYSICAL ADDRESS
30 Third Street
Babelegi
North West Province
South Africa
0407

POSTAL ADDRESS
Private Bag X2008
Hammanskraal
Gauteng
South Africa
0400

  • GET SOCIAL
Radium Engineering

© 2019 All rights reserved.

TOP
Manage Cookie Consent
We use cookies to optimize our website and our service.
Functional Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes. The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.
Manage options Manage services Manage vendors Read more about these purposes
Preferences
{title} {title} {title}

WhatsApp Us