
Baie rolspelers in die landboubedryf sien vanjaar uit na Graan SA se NAMPO Expo, want dit is ’n geleentheid om die mees onlangse tendense, masjinerie en tegnologie in verskeie boerderysektore te ontdek.
NAMPO is ’n uiters belangrike gebeurtenis vir Radium, wat spesialiste is in landbou- en boerderymasjinerie. Radium neem al vir veertig jaar deel en dra só by tot die kundigheid in die bedryf en help boere wêreldwyd.
Waar en wanneer word die Nampo Expo gehou?
Graan SA se NAMPO Expo is die grootste landboutegnologie-, masjinerie-, en vee-uitstalling in die Suidelike Halfrond. Vanjaar vind dit plaas op 17-20 Mei 2016 by die NAMPO gronde naby die dorp Bothaville in die Vrystaat provinsie van Suid-Afrika.
Wat is die oorsprong van die NAMPO Expo?
Die eerste NAMPO Expo is in 1967 op die plaas Donkerhoek naby Bloemfontein gehou en is is deur 200 landbou-uitstallers bygewoon. In latere jare is dit op verskillende plase gehou, totdat dit so ’n gewilde lokpunt in die boerderygemeenskap geword het dat die organiseerders ’n groter en meer permanente plek moes verseker om die groeiende aantal belangstellende uitstallers en besoekers te akkommodeer. In 1974 is die expo na sy huidige terrein verskuif, naamlik NAMPO Park net buite Bothaville.
Hoekom is die NAMPO Expo so ’n opwindende en belangrike gebeurtenis vir die landbousektor?
Graan SA se NAMPO Expo is ’n uiters belangrike gebeurtenis vir alle rolspelers in Suid-Afrika se landbousektor, want dit is hier waar hulle blootgestel word aan en ingelig word oor al die nuutste ontwikkelinge in die landbou, hetsy dit tegnologie, masjinerie, boerderymetodes of praktyke in die veeartsenykundige veld vir vee is. Boere wat spesifieke bekommernisse of probleme ervaar, of diegene wat dalk belangstel in nuwe idees, tegnologie of masjinerie wat op bestaande praktyke verbeter, kan seker wees dat hulle kundige advies kan ontvang van die verskillende paneelbesprekings en debatte, wat ’n integrale deel van hierdie gebeurtenis is. Die aantal uitstallers wat wil uitstal, demonstreer en hul ware op hierdie ekspo wil verkoop, het oor die afgelope jare eksponensieel tot só ’n mate toegeneem dat selfs internasionale uitstallers uit die VSA, Italië, Denemarke, Israel, Frankryk, Sjina, Pole en Turkye nou deelneem aan die gebeurtenis.
Wat uitstallings en demonstrasies kan besoekers geniet tydens ’n besoek aan die NAMPO Expo?
Benewens die talle uitstallings, is daar ook opwindende demonstrasieprogramme wat besoekersdeelname aanmoedig. Alle bekende landbousektore word verteenwoordig by die NAMPO Expo. Sommige van hierdie sluit boerderyvoertuie, implemente, masjinerie en tegnologie in. Een van die gewilde uitstallings waarna besoekers kan uitsien is dié van Radium Engineering, ’n gerespekteerde en erkende maatskappy binne die landboubedryf van Suid-Afrika, sowel as buite sy grense. Radium Engineering is ’n toonaangewende spesialis wanneer dit by landbou- en boerderytoerusting kom omdat hul omvattende reeks gehalte landboumasjinerie aanhou om hul betroubaarheid, doeltreffendheid en werksverrigting jaar na jaar te bewys.
“Radium woon die NAMPO uitstalling by om hul uitstaande toerusting en produkte ten toon te stel en terselfdetyd met die gemeenskap kontak te maak om gedagtes en idees met spesialiste en verbruikers uit te ruil.” – Grant Roest, Besturende Direkteur van Radium Engineering.
Ander uitstallers wat wag om besoekers by hul stalletjies te verwelkom sluit besproeiingstoerustingprodusente, saadverskaffers, chemiese- en kunsmisprodusente, dieregesondheid- en veeartsenykundigekenners, dierevoervervaardigers, finansiële instellings en versekeringsmaatskappye in, sowel as Eskom, die nasionale elektrisiteitsvoorsiener. Besoekers wat die opwinding van veeboerdery wil ontdek word uitgenooi om beeste, skape, perde, bokke en varke te bewonder. Besoekers is welkom om met veetelers te gesels wat gretig is om hul ryk kennis en ervaring te deel.
Die NAMPO Expo-program
DINSDAG 17 MEI – VRYDAG 20 MEI 2016
Vertonings
08:00 Interaktiewe trekker- en implementdemonstrasies (demonstrasies op aanvraag). Oostekant van die terrein
8:00 – 17:00 Beesteprogram.
Statiese uitstalling van stamboomveestapel in die KK Dierevoedingskompleks en Suiwelkompleks
8:00 – 17:00 Skaapprogram.
Statiese uitstalling van stamboomveestapel in die Intervet Skaapkompleks
8:00 – 17:00 Opreggeteelde program.
Statiese uitstalling van suiwergeteelde perde agter die Skaapkompleks
09:00 Graan SA & Omnia Boerepatente.
Beoordeling van Boerepatente by stalletjie 104 (Slegs Dinsdag)
10:00 4 x 4 Voertuigdemonstrasies.
Langs stalletjie 152 B
10:00 – 17:00 Toyota Afslaerskompetisie aangebied deur VEEPLAAS in samewerking met Graan SA in die Veilingsaal
11:00 Skape program.
Statiese uitstalling – skaapskeer, wolklassifikasie en hanteringsdemonstrasies in die Intervet Skaapkompleks
14:00 Skaapprogram.
Statiese uitstalling – skaapskering, wolklassifikasie en hantering demonstrasies in die Intervet Skaapkompleks
14:00 4 x 4 Voertuigdemonstrasies.
Langs stalletjie 152 B
15:00 Beesteprogram.
Parade vir volbloedveestapel
16:00 Opreggeteelde program.
Parade vir volbloedperde
Toegangsfooie
By die hek:
R50 Maandag (Slegs uitstallers)
R90 Dinsdag
R100 Woensdag
R100 Donderdag
R90 Vrydag(Voorskools – Gratis toegang)
Aanlyn: Kaartjies beskikbaar op die TicketPro webwerf – www.ticketpro.co.za
R80 Dinsdag
R90 Woensdag
R90 Donderdag
R80 Vrydag(Voorskools – Gratis toegang)
You must be logged in to post a comment.