Sedert sy ontstaan in 1976 streef Radium Engineering daarna om die beste verskaffer van sy produkte in die Suider-Afrikaanse landboumark te wees, in terme van voorkoms (konstruksie, sweiswerk, verfwerk en afwerking), ontwerp (ergonomie en skoonheidswerking), funksie (doeltreffendheid, gemak van gebruik, instandhouding en langslewendheid) asook na-verkope diens.
Ons is ʼn familiebesigheid, en as gevolg van ons familiewaardes sal Radium Engineering die maatskappy wat ons is bly en aanhou groei en ontwikkel.
Terwyl ons waardes en maniere gebaseer is op erfenis, weet ons ook dat families verander omdat nuwe geslagte bekendgestel word en hulle opwindende nuwe idees saambring.
So lei ons ʼn nuwe era in deur vooruit te dink met ʼn visie wat toekomende familie en toekomende geslagte insluit.
Ons handelsmerk weerspieël eerstens ons landbou-oorsprong en erfenis maar wys ook op die moderniteit en die hedendaagse uitkyk wat ons as ʼn vooruitstrewende maatskappy het.
You must be logged in to post a comment.