“Biodinamiese boere streef daarna om ’n gediversifiseerde, gebalanseerde plaas-ekosisteem te skep wat gesondheid en vrugbaarheid so veel as moontlik binne die plaas self voortbring.”
Biodinamiese Vereniging
Die term “biodinamies” is een wat nog dikwels met verwarring teëgekom word. Kortom is biodinamiese landbou ’n gevorderde vorm van organiese en vernuwende landbou wat fokus op koskwaliteit en grondgesondheid, met behulp van ’n benadering wat ekologies, eties en holisties is. Die konsepte van biodinamika was die eerste keer in 1924 deur die Oostenrykse filosoof, sosiale aktivis en pionier Rudolf Steiner bekendgestel deur sy reeks lesings bekend as die Agricultural Course. Dit is geïnspireer deur sy geestelike filosofie van Antroposofie (waarvan vryheid die kern is). Sedertdien het biodinamiese boerdery die oog van klein boere en wynmakers oor verskeie vastelande gevang, en die belangstelling daarin hou jaar na jaar aan groei. Lees verder terwyl ons onderneem om hierdie landbouverskynsel, wat mense skynbaar beide deurmekaar en verbaas laat, uit te lê.
Oorsprong en beginsels
“Biodinamies” kom van twee Griekse woorde, naamlik bios wat “lewe” beteken, en dynamo wat “energie” beteken. In wese verwys “bio” na die biologiese (organiese) elemente van landbou (soos diere, plante, water en grond), terwyl “dinamies” na die kosmiese formatiewe kragte verwys wat die fisiese wêreld tot grondslag het (volgens die Biodinamiese Landbou Vereniging van Suider-Afrika). Steiner het sy idees gegrond op die fundamentele beginsel dat die plaas ’n lewende organisme is, ‘n opsigselfstaande entiteit wat binne ’n groter stelsel bestaan. Die heelal as ’n geheel (dus die aarde en alles wat dit omring) moet egter in ag geneem word wanneer dit kom by die landbou en moet eintlik as een onverdeelbare geheel bestuur word. Volgens Steiner was dit die bekendstelling van chemiese kunsmis by die draai van die 20ste eeu wat skadelike uitwerkings op die grond gehad het en ’n noemenswaardige verswakking in die gesondheid en kwaliteit van beide gewasse en vee veroorsaak het. In Steiner se opinie sal hierdie verwoestende en verreikende gevolge op die toekoms van boerdery hê.
Wat behels biodinamiese boerdery?
Biodinamiese landbou is ’n benadering tot boerdery wat die volgende aspekte inkorporeer:
- Die integrasie van gewasse en vee
- Die herwinning van voedingstowwe (in die grond)
- Die onderhoud van die gesondheid van die grond, diere, gewasse en boer is holisties van aard.
Holistiese bestuurspraktyke word gevoed deur die feit dat die plaas as ’n ekosisteem beskou word wat binne ’n groter geheel bestaan, en as gevolg hiervan moet faktore soos die omgewing asook sosiale en ekonomiese faktore oorweeg word. Biodinamiese landbou fokus op natuurlike hulpbronne soos plante, diere en minerale, en hoe hulle binne spesifieke omgewingsbeperkings reageer. Dit beweeg weg van die uitbuiting van die aarde se hulpbronne en beoog in plaas daarvan om ’n ekologiese balans te bereik, die grondkwaliteit te verbeter en die gewasproduksie te verhoog, als terwyl dit negatiewe uitwerkings op die aarde so klein as moontlik hou. Biodinamiese boerdery word ook nie deur finansiële gewin gedryf nie – die model is ontwerp om die boer, sy gesin en werkers eerste te voed, waarna die oorskot verhandel kan word.
Kompos voorbereidings
Wanneer dit kom by die poging om ‘n harmonieuse geheel te skep, sal boere wat ’n biodinamiese metodiek aanwend ’n reeks spesiaal-geformuleer krui- en/of organiese komposvoorbereidings gebruik. Dit dien om die lewenskrag en vrugbaarheid van die plant-, dier- en grondlewe te verbeter, wat op sy beurt help om hoë gehalte voedsel, hout en vesel te produseer. Omdat die grondstruktuur en voedselkettings verryk word, word die ontwikkeling en groei van die plant verhoog. Verder word daar geen kunsmatige of sintetiese stowwe gebruik nie, sodat die grond organies kan verbeter sonder dat enige skadelike effekte op die omgewing of op die plante en diere plaasvind nie.
Die komposvoorbereidings is ’n wetenskaplike kombinasie van ses medisinale plantuittreksels:
- Duisendblad
- Kamille
- Brandnetel
- Eikebas
- Perdeblom
- Duiwelsklou
Gegiste mis en minerale word ook gebruik en elke voorbereiding word ontwerp om ’n spesifieke ontbindingsproses in die komposmassa te lei. Saam help hulle om die grondlewenskrag te verhoog en om op sy beurt die groei van gehalte produkte te help verseker.
Die toekoms van boerdery?
Terwyl biodinamiese boerdery in die verlede en ook tans sy regmatige deel skeptisisme ontvang, het dit beslis ’n plek in die boerderybedryf en wanneer dit korrek gedoen is, kan dit indrukwekkende resultate oplewer. Die voordele, onder andere, sluit ryker grond in met ’n groter kapasiteit om water te hou, sowel as verbeterde plant- en dieregesondheid. Dit is op baie maniere die toekoms van boerdery, so hou jou oog op dié ewig-uitbreidende benadering tot landbou.
Bronne:
http://biodynamics.net.au
http://www.i-sis.org.uk
https://www.biodynamics.com
http://www.bdaasa.org.za
Hoofbeeld:
http://www.drearth.co.za
Beeldbronne:
You must be logged in to post a comment.