QUESTIONS? CALL: +27 12 719 9062

Radium Engineering

Radium Engineering

Agricultural Equipment & Implements

T | +27 12 719 9062/9063
Email: sales@radium.co.za

Radium Engineering
30 Third Street Babelegi North West Province South Africa 0407

Open in Google Maps
  • Radium Engineering
  • About
    • The Company
    • Terms & Conditions
  • Products
    • Tillage Equipment
      • Dual Tine Ripper
      • Powerrip
      • Zonetill
      • Pasturator
      • High Speed Inline Compact Disc
      • Powertill
    • Rock Removal Equipment
      • Rock Pickers
      • Windrower
    • Road Graders
      • 3 Point Grader
      • Agri Grader
      • Uni Grader
      • Universal Grader
    • Rotary Cutters
      • Schulte Fixed Knife Technology
      • Schulte Flex Wing Rotary Cutter
    • Feeding Equipment
      • Horizontal Feed Mixers
      • Vertical Feed Mixers
    • Spreading Equipment
      • Prospread
      • Compacspread
      • Bulkspread
      • Econospread
  • After Sales Service
  • Events
    • NAMPO
  • Resources
    • Product Details
    • Product Video
    • Blog
  • Contact Us
FREEQUOTE
  • Home
  • Uncategorized
  • Hoe akkuraat versprei jy kunsmis?
December 2, 2023

Hoe akkuraat versprei jy kunsmis?

Hoe akkuraat versprei jy kunsmis?

by Craig Stone / Tuesday, 14 February 2017 / Published in Uncategorized

Kunsmis navorsing wat die impak van kunsmisverspreiding ondersoek, het onthul dat die korrekte gebruik daarvan sowel as om stikstofvlakke, strooipatrone, grondtipes en die seisoen in ag te neem, verband hou met hoër oesopbrengste en ekonomiese gewin.

Die navorsing is deur Roesner (Edms) Bpk. onderneem in samewerking met CSIRO Ekostelselwetenskappe, en is gebruik om ’n rekenaar-gebaseerde instrument te ontwikkel om die impak van kunsmis op ’n verskeidenheid grondtipes te analiseer. Die uitslag dui daarop dat die swak verspreiding van kunsmis tot ’n oesverlies lei omdat gewasse oneweredig sal groei, op verskillende tye ryp sal word en oestyd sal bemoeilik.

Hier is sommige maniere om die noukeurigheid van jou strooiwerk te verbeter, en dus jou winste ook beter sal laat lyk.

  1. Grondontleding

Om te bepaal watter kunsmis die mees geskik is vir ’n gewas, moet ‘n breë-spektrum grondontleding eers uitgevoer word saam met ’n voedingstofbestuursplan. Stikstofvlakkke sal bepaal watter tipe kunsmis of ander material daarmee saam gebruik moet word, sowel as die verspreiding.

  1. Bepaal die kunsmis-gehalte

Vir ’n eweredige verspreiding moet die kunsmis eenvormig wees, en die besendingsnommers moet nagegaan word om te verhoed dat ouer voorraad oorgedra word. Selfs met dieselfde kunsmishandelsnaam kan dit verskillende eienskappe hê as dit by verskillende fabrieke vervaardig is. Hou in gedagte dat kunsmis met ouderdom kan afgaan en berging die kwaliteit kan beïnvloed, so vermy verdigting deur sakke nie hoër as drie opmekaar te stapel nie. Eenvormig-saamgestelde kunsmis verseker dat die voedingstowee nie geskei word nie, sodat dit eweredig oor die hele verspreiding oorgedra kan word en die hele oes bevoordeel.

 

  1. Tydsberekening is alles

Sterk winde kan jou oes negatief beïnvloed en dus moet winderige dae vermy word. Klam of nat toestande kan ook ’n effek hê aangesien die kunsmis die vog sal absorber – dit sal die vloeivakke affekteer, of veroorsaak dat swaelprodukte in die wieke opbou. Seisoenstydsberekening is ook belangrik – raadpleeg weervoorspellings vir die regte toestande vir strooiwerk, gedurende die verspreiding sowel as die dae daarna.

  1. Gereelde stooieronderhoud

Wanneer die beste strooityd bepaal is, maak die masjien beide gedurende en na gebruik skoon. Gaan elke deel van die strooier gereeld na, vervang enige items wat deur slytasie beskadig is en belê in nuwe strooitoerusting wanneer dit tyd is. Kyk altyd noukeurig na die deflekteerplate en vloei-aanpassingsplate agteraan die strooier. Enige oordrewe slyting of ontbrekende dele kan ’n afwyking in die verspreiding van enige material veroorsaak. Maak enige onderdele styf vas of vervang hulle om optimale verspreiding en eweredige patrone te verseker. Maak seker dat die strooitoerusting skoon is en na gebruik korrek gestoor word.

Strooitoerusting hou ongelukkig nie vir altyd nie, so dis die moeite werd om in ’n nuwe model te belê indien die verspreiding oesopbrengste verlaag.

  1. Laat jou strooier reg opgestel word

Dit is belangrik om te onthou dat die vervaardiger se riglyne vir enige spesifieke strooier uitsluitlik ’n gids is, wat gebaseer is op toetse onder ideale toestande by verskeie toetsstasies, en wat die optimale strooivermoë omskryf. Om die beste resultate te kry is dit die moeite werd om ’n laaitoets met die kunsmis en strooier te doen, sowel as ’n aparte toets met ’n mededingende kunsmis.

Die korrekte instelling van ’n strooimasjien word bepaal deur die fisiese eienskappe van die kunsmis.

Doen die volgende:

  • Haak die strooier reg agter die trekker vas om veilig en korrek te kan werk. Die strooier moet watervlak wees as dit werk en die haakplek moet aangepas word om dit te bewerkstellig. Maak voor die tyd seker dat alle onderdele in plek is en die strooier in ’n goeie werkende toestand is om noukeurige en optimal werking te verseker.
  • Vind die regte spoed. Vorentoe-spoed is noodsaaklik om ’n konstante toedieningspoed te bewerkstelling en dit word verkry deur die regte rat te gebruik. Spoedvariasies sal tot oneweredige verspreiding en tempo-veranderinge lei.
  • Pas die strooiwydte aan – dit is noodsaaklik vir strooiakkuraatheid. ’n Wyer strooiwydte kan minder tyd en petrol kos om die kunsmis toe te dien, maar dit kan ook tot swak verspreiding lei. Die strooiwydte en bestuurspatoon moet bepaal word in ooreenstemming met die grondgehalte en seisoen, sodat die voedingstowwe noukeurig en egalig gestrooi kan word.

Die eerste tree om jou winste te verhoog, is om in die korrekte strooitoerusting te belê. Die volgende stappe is om jou strooier reg in stand te hou en te gebruik, wat tot hoër oesopbrengste sal lei. Maak seker jy vors die mark deeglik na en gesels met mense wat die bedryf goed ken voordat jy in enige strooitoerusting belê.

Kontak Radium Engineering vir die hoogste gehalte landbou- en strooitoerusting. Met jare se kundigheid, ’n passie vir die landboubedryf en ’n toewyding daaraan om vooraanstaande implemente te vervaardig, is Radium Engineering jou toevlug vir al jou boerdery- en landboutoerustingsbehoeftes.

About Craig Stone

What you can read next

Previsiones agrícolas para 2017
Los cinco mas vendidos de Radium
¿Cuál es el nivel real de seguridad que tienen tus agricultores a la hora de trabajar con maquinaria agrícola?

You must be logged in to post a comment.

SEND YOUR INQUIRY HERE
*
*
*
*
*
*
*

MENU

  • Radium Engineering
  • About
  • Products
  • After Sales Service
  • Events
  • Resources
  • Contact Us
Radium Engineering

GET IN TOUCH

Contact Us

T | +27 12 719 9062/9063
F | +27 12 719 9064
E | sales@radium.co.za

Kudzi (Regional) +27 72 927 1373
Candice (Internal) +27 72 438 9919
John (National) +27 83 660 1275
Jairus (Spares) +27 79 690 4546

PHYSICAL ADDRESS
30 Third Street
Babelegi
North West Province
South Africa
0407

POSTAL ADDRESS
Private Bag X2008
Hammanskraal
Gauteng
South Africa
0400

  • GET SOCIAL
Radium Engineering

© 2019 All rights reserved.

TOP
Manage Cookie Consent
We use cookies to optimize our website and our service.
Functional Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes. The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.
Manage options Manage services Manage {vendor_count} vendors Read more about these purposes
Preferences
{title} {title} {title}

WhatsApp Us