Vra hiérdie vrae aan jou landboutoerustingsverskaffer
Almal weet die aankoop van nuwe landboutoerusting is ’n reuse belegging. Nes elke goeie belegging, wil jy steeds op die langtermyn voordeel daaruit trek, sonder om vir jou probleme op die hals te haal. Behalwe vir jou eie navorsing oor die toerustingstipes op die mark, wil jy dus met ’n kundige verskaffer werk wat vir jou goeie insig in elke aspek van jou nuwe bate kan gee.
Hier is ’n paar vrae om aan jou landboutoerustingsverskaffer te rig voordat jy finaal besluit.
- Wat is die regte masjien vir my?
Om uit te vind of jy nuwe landboutoerusting nodig het, sou jy natuurlik eers jou plaas evalueer het en na enige planne vir toekomstige groei of afname in produksie gekyk het. Dis hier waar die verskaffer moet intree om jou behoeftes by die perfekte masjien te pas. Maak seker jy gee ’n deeglike beskrywing van jou plaasbedrywighede sodat die masjien ooreenstem met die vereiste take.
- Hoe kragtig is die toerusting wat jy benodig?
Sodra jy vasgestel het watter masjien by die benodigde take pas, moet jy die regte kapasiteit bepaal.
Dit is nutteloss om geld te spaar op ’n masjien wat nie die vrag kan hanteer nie, want jy sal daardie besparing met herstelwerk en vervangings verloor. Koop jy egter ’n masjien wat te kragtig is, mors jy net jou geld vooraf, en ook met die masjien se bedryfs- en herstelkostes. Die praktiese reël: belê in ’n masjien so klein as wat jy kan kry – hoe minder die krag, hoe laer is die brandstofverbruik, uitlatings en berging wat jy nodig sal hê. ’n Goeie verskaffer sal jou kan help om die kragvereistes te beraam.
- Word enige aanhegsels benodig?
Jy het presies vasgestel wat jy op nuwe landboutoerusting sal spandeer, en nou wil jy nie verras word met vereiste aanhangsels wat jou oor hierdie begroting sal stoot nie. Vra die verskaffer dus of die masjinerie volledig is en of as daar ekstras aangekoop moet word.
Vind ook uit of die masjien model-spesifieke aanhangsels gebruik of aanhangsels wat onder verskillende modelle uitruilbaar is, aangesien dit makliker en goedkoper sal wees om hulle later in die hande te kry.
- Hoe betroubaar is hierdie handelsnaam?
Die betroubaarheid van jou masjien is uiters noodsaaklik en vorm die grondslag vir jou koste/bate-analise. Daar is geen nut om ’n landboumasjien te koop wat onbetroubaar is of ’n lae betroubaarheidsgradering het nie, want die kostes sal redelik vinnig begin oploop. Getoetse hoë-gehalte handelsname kos dalk aansienlik meer, maar die hoëgraad staal en betroubare onderdele beteken lae instandhoudingskoste en verhoogde doeltreffendheid.
Jou landboutoerustingverskaffer sal kennis dra oor die beste beskikbare handelsname en sal sonder twyfel handelsnaamvoorkeure hê. Dit is deesdae egter so maklik om produkresensies aanlyn te vind en jou eie navorsing te doen voordat jy koop. Iemand wat ’n duur produk gekoop het en ongelukkig is met die verrigting, sal vir seker aanlyn daaroop kla – gaan loer dus definitief hierna.
- Hoe kan ek die lewensduur van my landboutoerusting verhoog?
Eenvoudige instandhoudingswenke kan dikwels die lewensduur van jou belegging aansienlik verhoog, indien dit gereeld en korrek gedoen word. Daar is vanselfsprekend geen manier om toerusting vir ewig te laat hou nie, maar jy kan dalk nog ’n paar jaar uit jou kopie kry terwyl jy op herstelkostes bespaar. Alhoewel dit aanvanklik tydrowend wees kan, sal dit vinnig deel van jou daaglikse roetine word.
- Wat is die koste daaraan verbonde?
Dit is ’n taai realiteit dat nuwe landboutoerusting duur is, en dus sal jy moontlik jou verskaffer oor finansieringsopsies moet vra. Jy sal ook moet uitvind watter ander koste met die belegging verband hou, insluitende dienste, onderdeelvervanging, bykomende aanhegsels, versekering en enige ander versteekte kostes wat aangegaan kan word. Dit sal jou help om vas te stel wat jy kan bekostig.
- Wat is die waarborg en watter nasorg is ingesluit?
Dit sal beslis jou koste/bate-analise affekteer want nasorgkostes kan baie hoog wees. Vind meer uit oor die waarborg en wat presies dit dek. Sal die verskaffer die masjinerie diens en wat behels dit? Hoe dikwels is dit nodig en wat gebeur as iets verkeerd loop? Jy wil dit nie eers uitvind wanneer die masjien breek nie, en ook nog wins verloor as gevolg van nie-produksie.
’n Mens moet deeglik te werk gaan met enige groot belegging. Gesels met ander mense in die bedryf oor die landboutoerustingverskaffers wat hulle gebruik het en waarom. Jy sal vinnig die bedryfskundiges kan onderskei van dié wat net vinnig iets aan jou wil verkoop.
Kontak Radium Engineering vir meer inligting oor landboutoerusting. Met jare se kundigheid, ’n passie vir die landboubedryf en ’n toewyding daaraan om vooraanstaande implemente te vervaardig, is Radium Engineering jou toevlug vir al jou boerdery- en landboutoerustingsbehoeftes.
You must be logged in to post a comment.