Betroubare landboutoesrusting verhoog nie net ’n plaas se jaarlikse opbrengs nie, maar verlig ook baie van die spanning wat met so ’n temperamentele bedryf gepaard gaan. Nuwe landboutoerusting is egter nie goedkoop nie. ’n Boer se grootse besluit kom dikwels daarop neer of die gebruikte toerusting herstel kan word, en of dit tyd is om dit te vervang. Hier is ’n paar faktore wat in ag geneem moet word wanneer ’n mens nuwe landboutoerusting op die mark bekyk.
Dit was ’n goeie finansiele jaar
Voldoende befondsing vir die toerusting is natuurlik ’n gegewe, maar as jy ’n goeie jaar gehad het is dit beslis die moeite werd om in masjinerie te belê wat jou winste gesond kan hou. Wat onvermydelik gebeur is dat jou betroubare toerusting op die mees ongeleë tyd breek, wanneer fondse skaars is, en dit gaan jou duur te staan kom. Ruil liewers jou landboutoerusting nou in terwyl dit iets werd is en jy dit kan bekosting om ’n bietjie extra vir ’n beter produk te betaal. Hoe langer jy daaraan vashou, hoe vinniger verlaag die waarde.
Herstelwerk begin duur raak
Alhoewel herstelkostes stadig begin – en niks onder waarborg kos nie – hoe langer jy toerusting behou, hoe meer herstelwerk sal benodig word en kostes mag oor verloop van tyd begin opbou. Indien jy hoogsopgeleide meganiese personeel het wat toerusting op jou perseel kan herstel, sal kostes natuurlik laer wees. Maar oor die algemeen is die standard reël om toerusting se langtermynkoste te verlaag om in nuwe toerusting te belê wanneer die koste om ’n masjien te besit en laat werk begin toeneem. Wanneer jou rekeninge dus jou kapitaalkoste om die masjien te besit oorskry, is dit tyd om na nuwe landboutoerusting te begin kyk.
Markbeskikbaarheid van nuwe landboutoerusting
Soos enige tipiese mark maak die voorsiening van nuwe landboutoerusting uitsluitlik staat op die behoefte, wat direk verband hou met die boerdery-ekonomie. Dit is voordelig vir meeste boere aangesien hulle geneig is om gedurende die vet jare in nuwe toerusting te belê en in die maerder jare te herstel. As jy egter genoeg vir nuwe landboutoerusting gespaar het en daar is ’n tekort aan voorraad, kan jy dalk winskopies vind alhoewel die spesifieke toerusting waarna jy soek nie so maklik sal wees om in die hande te kry nie.
Tegnologiese verbetering
Tegnologie laat sy merk op elke bedryf en landbou is nie anders nie. Daar was al reuse tegnologiese veranderinge in landboutoerusting met stropers wat outomatiese stuur d.m.v. GPS gebruik of selfs sade plant d.m.v. rekenaarinstruksie. Vir boere beteken hierdie dat selfs redelike nuwe tegnologie baie gou verouderd kan raak, en dus is dit noodsaaklik dat boere die tegnologiese mark fyn bespeur voordat hulle koop. Beter tegnologie lei oor die algemeen tot verhoogde doeltreffendheid en ‘n groter winsmarge terwyl dit meer gerief aan die boer besorg.
Kapasiteitsveranderinge
Indien jy jou landbouryk wil uitbrei, sal jou masjinerie by die groeiende behoefte moet aanpas. Toerusting moet vervang word met modelle wat ’n hoer kapasiteit vir plant- en oeswerk het terwyl dit nie te veel tyd verloor nie. Aan die ander kant, vir boere wat graag hulle gewasse wil afskaal, kan minder toerusting moontlike kostebesparings inhou. Die hoeveelheid ure wat ’n masjien aanteken dra baie gewig wanneer jy inruiling oorweeg.
Tydsfaktor
Alles in die landbou kom op tydsberekening neer. Plaastoerusting wat nie op, sê ’n kritieke tyd tydens die oesseisoen, reg funksioneer nie, kan ’n boer duur te staan kom. Dit raak dus meer belangrik vir boere om elke stuk masjinerie deeglik deur te gaan en te verseker dat hulle op hul hoogste doeltreffendheid werk; anders neem hulle die risiko om groot winste te verloor. As gewasse nie betyds geplant of geoes word nie, kan die opbrengs of kwaliteit afneem. Die kwessie van tyd word saamgestel wanneer die weer besonders sleg is – iets wat met aardsverwarming alledaags word – wat die behoefte aan nuwe, ten volle funksionele landboutoerusting meer dringend maak. Boere moet die koste van hersteltyd by al hulle toekomsvoorstellings inreken en as die hersteltyd die speelruimte vir hersteltyd of ekonomiese winsgewendheid oorskry, is dit tyd om die masjien te vervang. Alhoewel landboutoerusting duur is, maak die aanhoudende vooruitgang in tegnologie dit dikwels noodsaaklik vir boere om in nuwe masjinerie te belê of om dalk agter te raak. Maak seker jy doen deeglike marksnavorsing en gesels met mense wat die bedryf goed ken voordat jy in enige toerusing belê.
Kontak Radium Engineering vir die hoogste kwaliteit toerusting. Met jare se kundigheid, ’n passie vir die landboubedryf en ’n toewyding daaraan om vooraanstaande implemente te vervaardig, is Radium Engineering jou toevlug vir all jou boerdery – en landboutoerustingsbehoeftes.
You must be logged in to post a comment.