Daar was vanjaar werklike hoogte- en laagtepunte in die bedryf. Terwyl die landboubedryf onder geweldige druk was na twee opeenvolgende droogtes in beide 2015 en 2016 met katastrofiese skade aan vee en gewasse, was daar ook ongekende ondersteuning deur die regering en privaat sektor om die massas verliese te bekamp wat die landbousekor in die gesig staar, sowel as tegnologieë wat geskep is om plaastoestande te verbeter.
Uitwerking van droogte op landbou
2016 het die ergste droogtes in Suid-Afrika vir meer as ’n eeu gesien. D.m.v. baanbreker waarnemingstegnologie het die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) die omvang en erns van die droogte aan die lig gebring. Hulle het afstandswaarnemingstegnlogie gebruik, ’n metode wat die groen van plantegroei op ’n indeks onthul, wat weer op sy beurt iets oor die droogte in sekere areas sê.
Die indeks toon 15-jaar gemiddelde in die groen van plantegroei in verskeie provinsies wat onthul dat daar ’n geweldige vermindering in die groen van plantegroei was. Die satelietbeelde toon dat daar tot ’n 60% afname in die groen van plantegroei was.
Die WNNR sê Suid-Afrika is erg geraak deur die El Niño-geïnduseerde droogte, wat ’n stremming op watervoorraad en landbouproduksie regoor die land plaas.
Dit het ’n dramatiese impak op die boerderysektor gehad deur vee- en gewasseboere oraloor die land lam te slaan. Hierdie het op sy beurt ’n rimpeleffek gehad waarin die produksie en produkte negatief geraak is en as gevolg daarvan het kospryse in Augustus met 11.6% gestyg. Gewasse sowel as reënreserwes is bedreig, wat rampspoedig kan wees vir ons R104 miljard uitvoerbedryf.
A.g.v. die gebrek aan reënval in 2016 moes Suid-Afrika in die 2016/2017 fiskale jaar ’n netto invoerder van mielies word, en na verwagtig sal invoere twee miljoen ton oorskry. Witkoring, wat gebruik word om die stapelvoedsel pap te maak, het ook hierdie jaar met 36% afgeneem. Suid-Afrika is tradisioneel die grootste koringproduksent op die vasteland van Afrika.
Positiwiteit in die landbousektor
Terwyl die droogte ’n aaklige uitwerking op die lewens van boere, verbruikers en die ekonomie gehad het, het dit die plaaslike sowel as internasionale privaat- en regeringsektore laat saamstaan in ’n poging om die toestande waarin die droogte boere gelaat het, te verbeter.
Die regering het reeds sowat R268 miljoen aan droogtehulp bestee, terwyl provinsies R173 miljoen beskikbaar gemaak het om boere met veevoer en -voorraad te help, met ’n bykomende R198 miljoen om kleinboere met voedings- en waterfasiliteite by te staan.
In die mid-term begrotingsrede het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, ook aangekondig dat ’n bykomende R212 miljoen vir droogtehulp voorsien sal word.
Privaat-befondste programme het ook reddingstoue aan boere gegooi, insluitend een onderneming deur die Nasionale Landboubemarkingsraad, genaamd die Custom Feeding Program. Dit sal boere help wat nie in staat is om hul vee te voer nie. Die Custom Feeding Program het reeds R6 miljoen belê om boere in die Noord-Wes provinsie by te staan
Ten spyte van die slegte landbounuus wat saam met die droogte gekom het, is daar ook goeie nuus. Een voorbeeld is die groei in die makadamianeut- en avokadosegmente, wat dalk binnekort na die Verenigde State van Amerika en China uitgevoer kan word.
Avokado en makadamianeute kan dalk die rakke van supermarkte in beide die Verenigde State en China tref soos wat produsente poog om hul groei in die buiteland uit te brei, aangesien die groei in Afrika beperk sal word deur al die ekonomiese onenigheid wat die vasteland teister.
Kommersiële boere in Suid-Afrika is ook van plan om die mielie-beplante gebied in die 2017 plantseisoen met 26,5% te vergroot tot 2,46 miljoen hektaar.
Tegnologie in die landbousektor
Baanbrekertegnologie in die landboubedryf sluit oesmonitortegnologie, digitale grondkartering en droogtebestande tegnologie in.
Die Afrika Grond Inligtingsdiens ontwikkeling tans digitale grondkaarte vir sub-Sahara-Afrika, wat inligting soos nuwe ontleding, statistieke en veldproewe aan boere sal verskaf wat die sleutel is tot die beplanning en onderhoud van gewasse vir die komende jare.
Gedurende ’n hommeltuig (‘drone’) kompetisie het dit vanjaar weer duidelik geword hoe nuttig hommeltuie vir boerderye kan wees. Hierdie multi-kopter en vaste-vlerkmodelle sal die boer toelaat om gewasse te bemes, oeste te evalueer en doeltreffend vir gewasse te sorg.
Wetenskaplike vooruitgang sluit ook die verandering van oesgene in om dit meer droogtebestand te maak. Hierdie wetenskap is nog steeds in sy toetsfase, maar gewilde resultate is al onthul.
You must be logged in to post a comment.